Leesplan inligting

5 Minute Saam Met GodVoorbeeld

5 Minute Saam Met God

DAG 7 VAN 10

Word ons genoeg stil om te luister?





In 2016 het ’n aardbewing wat 7,8 op die Richterskaal gemeet het Ecuador getref. Die 33-jarige Filerma Rayo is vir vyf ure lank onder die puin van haar restaurant vasgekeer. Sy het desperaat om hulp geroep, maar tog het dit nie gelyk of iemand haar hulpkrete hoor nie. Sy was op die punt om op te gee toe reddingswerkers haar bevry. 


In ’n nuusberig wat ná die aardbewing verskyn het, word daar vertel hoe die sowat 1 000 reddingswerkers op die toneel gereeld tydens die reddingsoperasie heeltemal sou stil word om te luister of daar nie dalk mense was wat om hulp roep nie. 


In die gejaagde lewe waarin ons leef, mis ons baie keer die hulpkrete van mense reg langs ons omdat ons nie daarop ingestel is nie. Ons dink dalk aan die bedelaar langs die pad as ons dink aan iemand in nood. Tog is hierdie “stil-hulpkrete” dikwels baie nader aan ons. Dit is dalk van daardie kollega in die kantoor langs jou. Sy praat dalk nooit daaroor nie en op die oog af lyk dit of daar niks fout is nie, maar by die huis is haar huwelik besig om uitmekaar te val – en sy het niemand om mee te praat nie. Of dalk die kassiere by die supermark se betaalpunt. Sy sukkel dalk om te konsentreer, omdat sy dink aan haar siek kind alleen by die huis want sy nie kan bekostig om van die werk af weg te wees nie. 


Dit is slegs wanneer ons besluit om doelbewus stil te word en te luister, dat die Heilige Gees ons bewus sal maak van die “stil-hulpkrete” reg rondom ons.





Slegs in daardie stil oomblikke raak ons bewus van ander se “stil-hulpkrete”.




Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

5 Minute Saam Met God

Die lewe kan soms soos een groot uitdaging voel. Maar God is nie ver en onbetrokke nie. Ons moet egter elke dag sy teenwoordigheid opsoek, of dit nou in daardie afgeknypte vyf minute is of intensiewe Bybelstudie. Wanneer...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid