Leesplan inligting

5 Minute Saam Met GodVoorbeeld

5 Minute Saam Met God

DAG 3 VAN 10

Wanneer vrees ons lamlê …





“Ek is ’n professionele worrier,” sluit die vrou haar storie af. “Selfs die psigiater beaam dit.” Ek staan verbaas en kyk hoe die vrou amper “trots” dié woorde sê. Die hartseer in haar oë verklap egter haar geheim. Sy is deurdrenk van bekommernis – en weet nie hoe om daarvan ontslae te raak nie. 


Sy het my vertel hoe sy die lewe vir haar huismense moeilik maak. Sy duld nie vuil skottelgoed nie en indien iemand die koerant vir te lank onbeman op die tafel laat ooplê, stop sy dit sommer in die drom. Voeg hierby haar konstante vrees en bekommernis dat iets slegs kan gebeur en jy het ’n dodelike konkoksie.


“Wat dink jy moet ek doen?” tref haar vraag my onkant. My ma het ons van jongs af geleer om kommergedagtes onmiddellik met God se beloftes te vervang. Dit is dus vir my tweede natuur. Tog, hoe beantwoord ek hierdie bekommerde vrou sonder om veroordelend en onsensitief voor te kom? 


Dan verskyn die twee woorde duidelik in my geestesoog: Worrier versus Warrior.


’n Worrier kyk deur die vyand se bril en fokus op die sleg en seer van die lewe. Dít lê ons lam met vrees en bekommernis. ’n Warrior is ’n kryger wat deur God se bril kyk. Só ’n persoon sien ook die uitdagings wat ons potensieel met vrees kan vul, maar fokus eerder op wie God is en wat Hy kan doen. 


Deur watter bril kyk jy vandag?





Vervang kommergedagtes met God se beloftes.




Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

5 Minute Saam Met God

Die lewe kan soms soos een groot uitdaging voel. Maar God is nie ver en onbetrokke nie. Ons moet egter elke dag sy teenwoordigheid opsoek, of dit nou in daardie afgeknypte vyf minute is of intensiewe Bybelstudie. Wanneer...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid