Leesplan inligting

Die Stryd in jou Gedagtes DagstukkiesVoorbeeld

Die Stryd in jou Gedagtes Dagstukkies

DAG 1 VAN 14

Weldeurdagte Planne

Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes. - EFESIËRS 6:12

 ‘’Hoe kon jy?” skree Helen. ‘’Hoe kon jy so-iets doen?’’

 Tom staar hulpeloos na sy vrou. Hy het egbreuk gepleeg, sy sondige optrede in die gesig gestaar, en sy vrou gevra om hom te vergewe.    

“Jy het geweet dit was verkeerd,’’ sê sy. ’’Jy het geweet dat dit die uiteindelike verraad van ons huwelik was.’’ 

‘’Ek het nooit beplan dat 'n verhouding sou ontstaan nie,’’ sê Tom met trane in sy oë.

Tom het nie gejok nie. Hy het geweet dat hy 'n paar slegte keuses maak, maar hy het nie vooruit gekyk na die gevolge van sy  optrede nie. Na bykans 'n uur van verduideliking sê hy iets wat Helen help om te begin verstaan ​​en uiteindelik te vergewe.

‘’Ek was op honderde maniere ontrou aan jou voordat ek ooit owerspel gepleeg het.’’ Hy het gesê dat hulle te besig was om kwaliteit tyd saam deur te bring, dat hy 'n kritiese ingesteldheid gehadhet, sy het af en toe 'n gebrek aan emosionele reaksie getoon en sy het nie na hom geluister toe hy oor probleme op kantoor gesels het nie. ‘’Net klein dingetjies, altyd klein dingetjies,’’ het hy gesê. ‘’Ten minste in die begin het dit so gelyk.’’

Dit is presies hoe Satan in mense se lewens werk. Hy begin deur ons gedagtes te bombardeer met slim beraamde patrone van irritasie, ontevredenheid, knaende gedagtes, twyfel, vrese en redenasies. Hy beweeg stadig en versigtig (per slot van rekening neem weldeurdagte planne tyd).

Tom het gesê dat hy begin twyfel het dat Helen hom regtig liefhet. Sy het nie geluister nie, en sy het nie altyd op sy liefdestoenaderings gereageer nie. Hy het daaraan bly dink. Elke keer as sy iets gedoen het waarvan hy nie hou nie, het hy tred gehou. Hy het tred gehou deur dit te onthou en dit by te voeg tot sy lys van ontevredenheid.

Een van sy kollegas het geluister, en sy het simpatie met hom betoon. Op 'n keer het sy gesê: ’’Helen verdien nie 'n warm, omgee-man soos jy nie.’’ (Satan het ook in haar gewerk.) Elke keer wanneer Tom 'n klein tree op die verkeerde pad geneem het, het hy sy optrede in sy gedagtes regverdig: As Helen nie na my wil luister nie, is daar iemand wat dit sal doen. Alhoewel hy die woord iemand vir homself gesê het, het hy die vrou in die hokkie langsaan bedoel.

Die kollega het geluister. Weke later het hy haar omhels en terwyl hy dit gedoen het, het hy gewens dat hy die sorgsame reaksie van sy vrou kon voel. Dit was 'n onskadelike omhelsing - of so het dit gelyk. Tom het nie besef dat Satan nooit haastig is nie. Hy neem tyd om sy planne uit te werk. Hy oorval mense nie onmiddellik met sterk begeertes nie. In plaas daarvan begin die vyand van ons gedagtes met klein dingetjies - klein ontevredenhede, klein begeertes - en bou van daar af.

 Die verhaal van Tom klink baie soos dié van 'n twee-en-veertigjarige boekhoudster wat beskuldig word dat sy byna drie miljoen rand van haar organisasie gesteel het. Sy het gesê: ‘’Die eerste keer het ek net vyftig rand geneem. Ek het soveel nodig gehad om die minimum bedrag op my kredietkaart te betaal. Ek het beplan om dit terug te betaal. ” Niemand het haar gevang nie, en twee maande later het sy weer ‘’geleen’’.

 Toe hulle haar betrap, het die maatskappy op die rand van bankrotskap gestaan. ‘’Ek het nooit bedoel om iemand seer te maak of iets verkeerds te doen nie,’’ het sy gesê. Sy wou nooit iets groots doen nie - net klein hoeveelhede neem. Die aanklaer het gesê dat sy amper twintig jaar van die maatskappy gesteel het.

 Dit is hoe Satan werk - stadig, ywerig en op klein skaal. Selde nader hy ons deur ‘n direkte aanval of frontaanvalle. Al wat Satan nodig het, is 'n opening - 'n geleentheid om onheilige, selfgesentreerde gedagtes in ons koppe te plaas. As ons dit nie weer uitskop nie, bly dit binne. En hy kan voortgaan met sy bose, vernietigende plan.

 Ons hoef nie toe te laat dat hierdie verkeerde gedagtes in ons kop bly nie. Die apostel Paulus het geskryf: ‘’Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.’’ (2 Korintiërs 10:4-5)

Here Jesus, in u Naam roep ek uit om oorwinning. Stel my in staat om elke gedagte in gehoorsaamheid aan U te bring. Help my om nie die woorde van Satan in my gedagtes te laat bly en my oorwinning te steel nie. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die Stryd in jou Gedagtes Dagstukkies

Hierdie dagstukkies sal jou toerus met inspirasies van hoop om woede, verwarring, veroordeling, vrees, twyfel, te oorwin ... noem maar op. Hierdie insigte sal jou help om die vyand se komplot te ontbloot om jou te verwar...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid