Leesplan inligting

Die Stryd in jou Gedagtes DagstukkiesVoorbeeld

Die Stryd in jou Gedagtes Dagstukkies

DAG 4 VAN 14

Moenie Tou Opgooi Nie!

Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes. - GALASIËRS 6:9

‘’Ek is drie en twintig jaar lank al ‘n Christen, ‘’ het Cheryl gesê. ‘’Ek kom net nêrens nie. Ek is net so swak soos toe ek Christus die eerste keer as my Verlosser aanvaar het. Ek misluk nog steeds. Ek weet nie of dit die moeite werd is nie.’’ Trane het oor haar wange gerol terwyl sy aanhou praat oor haar mislukkings. ‘’Teen hierdie tyd weet ek wat al die regte dinge is om te doen, maar ek doen dit nie. Soms doen ek doelbewus iets gemeen of onvriendelik. Watter tipe Christen is ek?’’

‘’Waarskynlik ‘n groeiende Christen,’’ het ek gesê. 

 Verbasing verskyn op Cheryl se gesig. ‘’Groei? Het jy gehoor - ?’’

‘’Ja, ek het gehoor. Maar as jy nie besig is om te groei nie, sou jy nie oor jou mislukkings gekla het nie. Jy sou tevrede gewees het met jou Christelike vlak of vir jouself gesê het hoe goed jy is.’’

‘’Maar ek is so mismoedig en ek faal God so baie kere.’’

Ek het aan Cheryl gesê dat sy reg was – dat sy gefaal het. Ons doen dit almal. Niemand is perfek nie. As ons nie versigtig is nie, laat ons die duiwel toe om ons te wys wat ons nie bereik het nie en waar ons swak was. As dit gebeur, is dit maklik om sleg te voel of om te wil tou opgooi.

Dit is nie die Gees se manier nie. Dit maak nie saak hoe ons ons lewens opmors nie, God gee nie moed op oor ons nie. Die Gees por ons gedurig aan.

Ons kan toelaat dat ons gedagtes gaan stilstaan by wat ons nié gedoen het nie, hoekom ons meer geestelik moet wees, of hoe geestelik ons ​​behoort te wees na al die jare in ons Christelike geloof. Dit is 'n truuk van die duiwel - om ons te laat nadink oor ons gebreke en tekortkominge. As ons fokus op dit wat ons nié doen nie, of wat ons nié bereik het nie, gee ons die duiwel die voordeel in die stryd in ons gedagtes.

Die feit dat my bekommerde vriendin ontsteld was, was 'n gesonde teken, hoewel sy dit nie so gesien het nie. Met die hulp van die Heilige Gees kan sy die duiwel weerstaan. Sy kan die gebied wat Satan van haar gesteel het, herwin. 

Dit lyk asof Cheryl gedink het dat ‘n heilige, oorwinnende lewe voortvloei uit die een groot oorwinning na die ander. Ja, ons het soms groot deurbrake, maar die meeste van ons oorwinnings kom egter geleidelik. Hulle kom bietjie vir bietjie. Dit is asof dit stadig vorentoe beweeg. Omdat ons stadig beweeg in ons geestelike groei, is ons dikwels nie bewus van hoe ver ons gevorder het nie. As die duiwel ons kan laat dink dat ons die een beslissende geestelike oorwinning na die ander moet behaal, of dat ons verloor het, het hy 'n belangrike vesting verwerf.

My raad aan Cheryl, en aan alle Christene wat donker oomblikke ervaar, is om na die woorde van die apostel Paulus te luister. Hy het ons vermaan om nie moeg te word nie, of soos 'n ander vertaling sê, "moenie moed verloor nie." Hy sê: ‘’Moenie ophou nie. Hou aan veg."

Die lewe is 'n stryd en die duiwel is vasbeslote om ons te verslaan en te vernietig. Ons bereik nooit die plek waar ons nooit hoef te veg nie. Dit is gelukkig nie net ons stryd nie. Jesus is nie net by ons nie, maar Hy is ook vir ons. Hy is by ons om ons te versterk en verder aan te moedig.

My vriendin onthou die kere wat sy misluk het, maar ek herinner haar aan die kere wat sy geslaag het. ‘’Jy dink die duiwel is in beheer, maar dit is nie waar nie. Jy het gefaal, maar jy het ook geslaag. Jy het vas bly staan en jy het vordering gemaak.’’

‘’Moenie moed opgee nie.’’ Dit is die boodskap wat ons moet hoor. Ek dink aan die woorde in Jesaja:  “Moenie bang wees nie, want Ek het jou verlos. Ek het jou by jou naam geroep. jy behoort aan My. Wanneer jy deur diep water van moeilikheid gaan sal Ek by jou wees. Wanneer jy deur riviere gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie. Wanneer jy deur die vuur van verdrukking stap, sal jy nie verbrand nie. Die vlamme sal jou nie verteer nie.’’ (Jesaja 43:1b-2)

Dit is God se belofte. Hy belowe nie om ons heeltemal uit probleme of swaarkry te neem nie, maar Hy belowe om by ons te wees as ons daardeur gaan. ‘’Moenie bang wees nie,’’ sê Hy. Dit is die boodskap waaroor ons moet nadink. Ons hoef nie te vrees nie, want God is met ons. En as God met ons is, waaroor moet ons ons bekommer?

God, ten spyte van my mislukkings, is U by my, en moedig my aan om nie moed op te gee nie. Help my om te onthou dat ek met u hulp kan wen. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Die Stryd in jou Gedagtes Dagstukkies

Hierdie dagstukkies sal jou toerus met inspirasies van hoop om woede, verwarring, veroordeling, vrees, twyfel, te oorwin ... noem maar op. Hierdie insigte sal jou help om die vyand se komplot te ontbloot om jou te verwar...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid