Leesplan inligting

Die Stryd in jou Gedagtes DagstukkiesVoorbeeld

Die Stryd in jou Gedagtes Dagstukkies

DAG 14 VAN 14

Gees van Christus

Hoe kan hulle ook? Want: “Wie kan verstaan wat die Here dink? Wie kan Hom raad gee?” Óns kan hierdie dinge egter verstaan, want ons is ingestel om soos Christus te dink. - 1 KORINTIËRS 2:16

Hierdie vers oorweldig baie mense. As dit nie die woorde van die Bybel was nie, sou hulle dit nie geglo het nie. Soos dit is, skud die meeste mense hul koppe en vra: ‘’Hoe kan dit wees?’’

Paulus het nie gesê dat ons perfek is of dat ons nooit sal misluk nie. Hy het gesê dat ons as gelowiges in Jesus, die Seun van God, die gees van Christus kry. Dit wil sê, ons kan geestelike gedagtes dink omdat Christus in ons lewe. Ons dink nie meer soos ons eens gedoen het nie. Ons begin soos Hy dink.

‘n Ander manier om hierna te kyk, is om te wys op die belofte wat God deur Esegiël gespreek het: ’’Ek gee julle ’n nuwe hart met die regte begeertes en ’n nuwe gees. Ek vat die ou hart van sonde weg en gee julle ’n nuwe, gehoorsame hart. En Ek gee my Gees in julle sodat julle my voorskrifte sal gehoorsaam en doen wat Ek beveel. Julle sal in die land bly wat Ek aan julle voorouers gegee het. Julle sal my volk wees, en Ek sal julle God wees.’’ (Esegiël 36:26-28)

God het die belofte deur die profeet gegee toe die Jode in ballingskap in Babilon was. Hy wou hulle wys dat hul huidige situasie nie die einde was nie. Hulle het gesondig en Hom op elke denkbare manier gefaal, maar Hy wou hulle nie verlaat nie. In plaas daarvan sou Hy hulle verander. Hy sou hulle 'n nuwe gees gee - sy Heilige Gees.

Wanneer die Heilige Gees in ons woon en aktief is, is die Gees van Christus in aksie. Die Gees van Christus word aan ons gegee om ons in die regte rigting te lei. As ons sy Gees het, sal ons positiewe gedagtes dink. Ons sal nadink oor hoe geseënd ons is en hoe goed God vir ons is. Ek besef dat ek al geskryf het oor die belangrikheid om positief te wees, maar ek is nie seker of daar ooit genoeg oor die krag van positiewe denke gesê kan word nie.

Jesus was positief , ondanks die feit dat daar leuens oor Hom vertel was, eensaam, misverstaan ​​en 'n magdom ander negatiewe dinge. Sy dissipels het Hom in die steek gelaat toe Hy hulle die nodigste gehad het, tog het Hy positief gebly - altyd in staat om 'n opheffende, bemoedigende woord te gee. Om net in sy teenwoordigheid te wees, sou beteken dat alle vrees, negatiewe gedagtes en ontmoedigende hopeloosheid sou verdwyn.

Die Gees van Christus in ons is positief. Wanneer ons dus negatief is, moet ons dadelik kan onderskei dat ons nie met die Gees van Christus dink nie. God wil hê dat ons opgehef moet word. Dit is die vyand van ons siel wat ons wil onderdruk en depressief maak. Behalwe vir 'n mediese rede, dink ek nie dat dit moontlik is om depressief te wees sonder om negatief te wees nie. Ons het baie geleenthede om negatiewe gedagtes te dink, maar dit is nie die Gees van Christus wat in ons werk nie. Ons hoef nie hierdie gedagtes te aanvaar nie. Dit is nie ons s'n nie!

Elke situasie wat hom voordoen, gee aan ons die geleentheid om 'n keuse te maak. Dit is natuurlik baie duidelik dat ons die goeie of die slegte kan kies.

Wat ons gereeld vergeet, is dat ons die slegte of die verkeerde kies sonder om te dink. Ons volg ou patrone - die ou denke - en nie die Gees van Christus nie. Soos God deur die profesie van Esegiël aan die Jode belowe het, sal Hy ons ook 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, maar ons het nog steeds die mag om te kies watter gedagtes ons wil volg.

Here, ek wil waarlik bewus wees van die Gees van Christus in my lewe, en ek wil elke minuut van my dag daarvan bewus wees. Help my om myself net vir U wil oop te maak en om die ou denkpatrone weg te stoot, die denke wat my op die verkeerde pad sal lei. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

  

Besoek tv.joycemeyer.org/afrikaans vir meer boodskappe van Joyce, soos hierdie een.

Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Die Stryd in jou Gedagtes Dagstukkies

Hierdie dagstukkies sal jou toerus met inspirasies van hoop om woede, verwarring, veroordeling, vrees, twyfel, te oorwin ... noem maar op. Hierdie insigte sal jou help om die vyand se komplot te ontbloot om jou te verwar...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid