Leesplan inligting

Die Stryd in jou Gedagtes DagstukkiesVoorbeeld

Die Stryd in jou Gedagtes Dagstukkies

DAG 2 VAN 14

Ken die Waarheid

Toe het Jesus vir die Jode wat tot geloof in Hom gekom het, gesê: “As julle in ’n noue verbintenis aan my boodskap leef, is julle my egte navolgers; en julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak.” -JOHANNES 8:31-32

In my boek Die Stryd in jou Gedagtes, skryf ek oor Sarie se man, Gert, ‘n nederige persoon. Hy was 'n man wat in sy kinderjare verbaal mishandel was deur sy ma en deur speelmaats gespot is. Hy het konfrontasie gehaat en kon nie sy man staan teen Maria se sterk wil nie. Op sy eie manier was Gert net so 'n gevangene soos sy vrou. Hy het haar blameer; sy het hom blameer - en hier sien ons weer Satan se misleidende maniere.

 Gert was oortuig daarvan dat dit niks sal help om sy man teen iemand te staan ​​nie; hy gaan in elk geval verloor. Hy het gedink die enigste manier om oor die weg te kom, was om stil te bly en te aanvaar wat gebeur het.

 Gert het ook 'n ander leuen van die duiwel geglo - dat God hom nie regtig liefgehad het nie. Hoe kon Hy? Hy was dit nie werd om liefgehad te word nie. Omdat hy so gevoel het, het hy die leuens van die duiwel geglo. ‘’Ek het gevoel asof God vir die wêreld sê: ‘Glo in Jesus en jy sal gered word.’ Ek het een of ander pakketooreenkoms ontvang – maar nooit gevoel ek was dit werd om liefgehê te word nie.’’

  Dit is een van Satan se grootste leuens: ‘’Jy is niemand. Jy is niks werd nie.’’ As die vyand van jou gedagtes jou kan oortuig dat jy te sleg of te waardeloos is, het hy 'n vesting in jou gedagtes opgerig.

 Alhoewel Gert 'n Christen was, is sy gedagtes deur sy vyand gevange geneem. Gert moes leer dat hy vir God belangrik is. Hy het vir 'n lang tyd nie die waarheid geweet nie. Sy ma het nie vir hom vertel dat hy goed, die moeite werd en 'n kind van God was nie. Sy vriende het hom nie aangemoedig nie, en in die eerste jare van sy huwelik met Sarie, het haar kritiek hom nog verder oortuig dat hy 'n hopelose mislukking was.

 Gert moes weet dat hy geliefd is en dat hy net so waardevol vir die koninkryk van God is soos Paulus, Moses of enige iemand anders. Jesus gee om vir hom, en Hy is met hom. Vir Gert om sy stryd te wen en die geestelike vestings te vernietig,  wat die duiwel gebou het, moet hy die waarheid weet. Jesus het gesê: ‘’As julle in ’n noue verbintenis aan my boodskap leef, is julle my egte navolgers; en julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak. (Johannes 8:31-32) Gert leer die waarheid terwyl hy die Woord van God lees, bid en nadink oor wat dit vir hom sê. Hy leer ook soos hy God se Woord in sy daaglikse lewe toepas en het die geleentheid om te kyk hoe dit werk, soos Jesus gesê het. Ondervinding is dikwels die beste leermeester. Uit die Woord van God en uit lewenservaringe, het ek geleer dat God se Woord met krag gevul is en die vestings wat Satan in ons gedagtes opgebou het, sal afbreek.

 Jy kan nie vry wees, tensy jy weet dat die oorlogswapens vir jou beskikbaar is nie, en dat jy kan leer hoe om dit te gebruik. Soos jy leer om Satan te weerstaan ​​en hom 'n leuenaar te noem, sal jou lewe dramaties ten goede verander.

Here, God van die hemel, herinner my dat ek vir U belangrik is en dat U lief is vir my, al voel ek nie geliefd nie. Help my om te leer dat ek net so belangrik vir U is as enige ander Christen en dat U my net so liefhet soos wat U hulle lief het. Ek dank U in die naam van Jesus Christus. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die Stryd in jou Gedagtes Dagstukkies

Hierdie dagstukkies sal jou toerus met inspirasies van hoop om woede, verwarring, veroordeling, vrees, twyfel, te oorwin ... noem maar op. Hierdie insigte sal jou help om die vyand se komplot te ontbloot om jou te verwar...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid