Leesplan inligting

Die Stryd in jou Gedagtes DagstukkiesVoorbeeld

Die Stryd in jou Gedagtes Dagstukkies

DAG 7 VAN 14

‘n Perfekte Plan

Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom.  – FILIPPENSE 1:6

...want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe. - EFESIËRS 2:10

Ek wonder hoeveel keer ons al predikers hoor sê het: ‘’God het 'n plan vir jou lewe.’’ Ons knik, glimlag miskien, en gaan dan met ons lewe voort.

Ek is nie seker of die meeste van ons dit regtig glo nie - baie keer weerspieël ons lewens nie dat ons dit glo nie.

Wat beteken dit om te dink dat God 'n perfekte plan vir ons het? Miskien is dit die woord "perfek" wat ons pla. Ons is feilbaar en maak soveel foute. Hoe kan enigiets in ons lewens perfek wees? Ons ken onsself te goed. Onmiddellik dink ons ​​aan ons tekortkominge en skud ons kop.

Dit is 'n truuk van Satan! Die plan is nie perfek omdat ons perfek is nie; die plan is volmaak omdat God volmaak is. Laat ons dit vir nou sê: God het 'n spesiale plan vir elkeen van ons se lewens.

Kom ons dink aan die plan. In die vorige vers het Paulus ons vertel dat God ons gered het en 'n goeie werk in ons begin het. Die Gees is nog steeds by ons en por ons aan. Paulus het ook geskryf dat ons die handewerk (of vakmanskap) van God is. Die twee verse voor dit vertel ons dat ons deur God se genade gered is. Ons het niks met die daad van verlossing te doen nie – ons het dit nie verdien nie. Ons is as 'n geskenk in die koninkryk van God gebore. God doen dit en ons ontvang dit. Ja, ons glo, maar dit beteken nie dat ons ons redding verdien nie.

As ons nadink oor God wat in ons werk, herinner ons onsself daaraan dat God, in ons onvolmaaktheid, volmaaktheid is. Niks wat ons ooit kan doen, sou goed genoeg wees om God se volmaaktheid te bevredig nie. Net Jesus, die Volmaakte Een, is goed genoeg. Niks anders as ons geloof in Hom maak ons ​​aanvaarbaar vir God nie.

Die apostel het verder gesê dat ons deur Jesus Christus gered is, sodat ons goeie werke kan doen. God het ons voorberei op die soort lewe wat Hy wil hê ons moet leef. Sy Woord maak dit duidelik hoe daardie lewe werk.

Dit is nie dat ons volmaak is of ooit volmaak sal wees op aarde nie. Die punt is dat God volmaak is en 'n plan vir ons het. Die plan vir ons lewens is perfek, want dit kom van die Perfekte Beplanner. God se plan vir ons sluit gehoorsaamheid en diens aan Hom, uit 'n opregte hart, in.

God het die aanwysings vir ‘n volwaardige lewe. Ons rol is om in lyn te kom met die plan. Ons moet kyk na Jesus en sy vermoë, nie na onsself en ons onvermoë nie.

Sodra ons sê: “Maar wag! Ek is nie perfek nie! Ek misluk,” het ons ons aandag van God afgehaal en Satan toegelaat om ons aandag af te lei met die verkeerde denke. Ons liefdevolle Here pleit by ons om ons gedagtes en harte ten volle aan Hom oor te gee. Hoe meer ons dit doen, hoe meer leef ons volgens sy goeie en volmaakte plan.

Ons moet soos Josua wees, aan wie God gesê het: ‘’Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor na sodat jy alles kan doen wat daarin geskryf is. Jy sal dan sukses behaal op jou pad. Jy sal voorspoedig wees.’’ (Josua 1:8)

Volmaakte God, help my met hierdie stryd in my gedagtes. Satan herinner my gedurig aan my onvolmaakthede en swakhede, maar ek vra U om my te herinner aan u volmaaktheid, u liefde en u nabyheid, sodat ek altyd in oorwinning kan leef. Ek vra hierdie dinge in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Die Stryd in jou Gedagtes Dagstukkies

Hierdie dagstukkies sal jou toerus met inspirasies van hoop om woede, verwarring, veroordeling, vrees, twyfel, te oorwin ... noem maar op. Hierdie insigte sal jou help om die vyand se komplot te ontbloot om jou te verwar...

More

Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid