Leesplan inligting

Hoop: 'n Studie in die SkrifVoorbeeld

Hope: A Study in Scripture

DAG 1 VAN 12

GELOOF. HOOP. LIEFDE.


Deur Annie Harley


“En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!” — 1 Korintiërs 13:13.



Geloof, hoop en liefde is dié drie kenmerkende eienskappe van Jesus se volgelinge. 1 Korintiërs 13:13 verduidelik dat selfs wanneer alles anders vervaag en wegval, sal geloof, hoop en liefde bly. Pastoor David Guzik sê: “Die drie grootste doelwitte van die Christelike lewe is nie 'wonderwerke, krag en gawes' nie. Dit is geloof, hoop en liefde.” Regdeur die Skrif, word hierdie drie kenmerke saam gevind (Galasiërs 5:5-6; Kolossense 1:4-5; 1 Tessalonisense 1:3, 5:8; 2 Timoteus 1:12–13; 1 Petrus 1:21-22).



"Geloof, egter, is sekerheid van die dinge wat gehoop word, 'n bewys van die dinge wat nie gesien word nie" (Hebreërs 11:1 AFR20). Skriftuurlik is geloof en hoop onafskeidbaar. Jy kan nie geloof hê sonder die hoop van redding nie, en dit is onmoontlik om hoop te hê sonder om aan geloof vas te hou. Liefde word beskryf as die grootste van die drie, omdat God uit sy liefde vir die mensdom sy Seun gestuur het om te sterf, opgewek te word uit die dood, en só die sonde te oorwin, sodat ons 'n lewe van geloof en hoop kan leef. Liefde is 'n eienskap van God self. (1 Johannes 4:8). 



Geloof en liefde lyk na baie logiese doelwitte in die Christelike lewe. Hoop kan egter dikwels soos 'n ontwykende gedagte voel. Ons voel verward daaroor. Hoop kan voel asof ons net styf duim vashou en vir die beste "hoop". Dit is presies hoe baie mense hoop beskou. Ons stel dikwels hoop gelyk aan 'n wens waarvan die uitkoms onbekend is. Gedagtes soos: Ek hoop nie dit reën môre nie of Ek hoop my vriend kry nie slegte nuus oor sy gesondheid nie.  



Maar dít is nie die Bybelse betekenis van die woord nie. Die gedagte agter die woord wat ons as hoop vertaal in die Nuwe Testament, is dat dit soos 'n anker vir ons siel is. Nie wensdenkery nie, maar 'n selfversekerde verwagting. Dit is 'n vreugdevolle sekerheid! As volgelinge van Christus, is hoop om vertroue te hê dat God is wie Hy sê Hy is, wat die verwagting laat ontstaan dat Hy sal doen wat Hy sê Hy sal doen. Hierdie vertroue word deur ons in God se karakter gevind. Omdat ons leer wie God is deur sy Woord te lees, kan ons 'n verwagting hê dat sy beloftes waar is. 



Bybelse hoop is altyd in die toekoms gevestig. Regdeur die Skrif wys hoop altyd na wat nog kom. Dit gee perspektief om verby die huidige oomblik te kan sien. Wat jy ook al nou deurgaan, wees bemoedig dat jy met selfversekerde verwagting kan hoop.



Oor die volgende twaalf dae is ons vol vertroue. Terwyl jy elke dag se oordenking lees, bid ons: “Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!” (Romeine 15:13).



Nadenke: Waar het ek hoop nodig?



Maak dit prakties: Skryf in jou joernaal in watter area van jou lewe jy hoop nodig het. 



Bid: Vra God om vir jou 'n vaste vertroue te gee in wie Hy is en sy beloftes. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hope: A Study in Scripture

1 Korintiërs 13:13 sê: "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!" Geloof, hoop en liefde is dié drie kenmerkende eienskappe van Jesus se volgelinge. Regdeur die Skrif word ...

More

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid