Leesplan inligting

Hoop: 'n Studie in die SkrifVoorbeeld

Hope: A Study in Scripture

DAG 2 VAN 12

RUS IN HOOP


Deur Margarita Perez


“Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek” — Psalm 62:6 (AFR83).



As 'n enkellopende vrou wat alleen woon, word ek elke oggend in die stilte van 'n leë huis wakker. Soos die dag aangaan, maak my emosies en my omstandighede 'n luide geraas in my hart. Wanneer dit gebeur, het ek eindelik 'n hele paar gesprekke. Sommige gesprekke voer ek met myself om my siel te herinner aan die beloftes van God, en ander gesprekke het ek met die Here waar ek my hart uitstort oor my hartseer wanneer dinge nie uitwerk soos wat ek dit wou hê nie. 



In vandag se Skrifgedeelte, sien ons dat Dawid 'n gesprek met sy siel het; sy innerlike mens. Die Psalm begin met hierdie waar woorde: "Net by God". Menigtes sal hulle hoop plaas in God én iemand of iets anders, maar ons hoop moet net by God lê! Hoe meer ons tevredenheid in Hom het, hoe beter sal die keuses wees wat ons maak.



Dawid herinner homself aan die eienskappe van God, gevolg deur 'n uitstorting van sy bekommerde hart voor die Here. Dan spreek hy sy siel direk aan deur te sê: “Vind rus”. Ons behoort hieruit te leer. Ons kan ook ons emosies en onsekerhede stil maak en kies om rus te vind in God, in sy onveranderlike karakter, in sy troue liefde en krag, maar veral, in sy voorsienigheid en opperheerskappy.



Regdeur jou reis van geloof hou jy die hand van jou Redder styf vas. Jy het sy onfeilbare teenwoordigheid ervaar. Jy het beleef hoe Hy jou gebede beantwoord en jou trane afdroog. Hy het al ontelbare kere in die verlede vir jou deurgekom. Tog kan jy vandag jouself vol onsekerheid vind, wat dit moeilik maak om hoopvol te bly.



As jy só voel, skep vandag die geleentheid om jou emosies stil te maak, jou siel uit te nooi om rus te vind en om jouself in stilte aan Jesus te onderwerp. Jy kan glo in die liefde en plan wat Hy vir jou het, sonder om angstig dinge te probeer forseer om te werk soos jy dit wil hê.



Hoop beteken om met verwagting te wag op Jesus om jou Wonderwerker te wees, en op sy antwoord. Om op God te hoop beteken om jou hart aan sy Woord vas te maak. Hoe meer jy sy beloftes oordink, hoe minder plek gee jy aan twyfel en vrees.



Laat jou hoop in God, die anker vir jou siel wees — betroubaar en standvastig.



Nadenke: Is jy gefokus op dit waarvoor jy wag eerder as die Een op wie jy wag?



Maak dit prakties en Bid: Skryf 'n gebed neer waar jy met God deel wat jou weerhou om 'n gevestigde hoop in Hom te hê.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Hope: A Study in Scripture

1 Korintiërs 13:13 sê: "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!" Geloof, hoop en liefde is dié drie kenmerkende eienskappe van Jesus se volgelinge. Regdeur die Skrif word ...

More

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid