Leesplan inligting

Hoop: 'n Studie in die SkrifVoorbeeld

Hope: A Study in Scripture

DAG 6 VAN 12

HOOP EN HERNUDE KRAG


Deur Denise Trio  


“Het jy nog nooit gehoor of verstaan nie? Weet jy nie dat die Here van altyd af God is nie? Hy is die Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg of gedaan nie en niemand kan die dieptes van sy insig meet nie. Hy gee krag aan dié wat moeg is. Hy maak die kragteloses sterk. Selfs jongmense raak uitgeput en afgemat. Baie jongmense struikel en val. Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal nuwe krag kry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie” — Jesaja 40:28-31 (NLV).



“Agt ... nege ... tien!” Tel ek in my kop terwyl ek die gewigte terugsit op die rak en die sweet van my voorkop afvee. Ek oefen met gewigte want ek weet dit is goed vir my gesondheid en maak my liggaam sterker. My spiere word sterker deur die weerstand van die gewigte. Die piepklein skeurtjies in my spiere aan die einde van 'n harde oefensessie is seer. My arms en bene is gedaan. 



Ons harte werk op dieselfde manier. Soms maak die gewig van die lewe ons moeg en gedaan. Miskien het jy jou werk verloor en is jy bekommerd oor hoe jy met jou geld volgende maand gaan uitkom. Dalk is 'n vriend of gesinslid siek en die dokters is nie positief oor hulle prognose nie. Of miskien ly jy stilweg aan depressie, angs en eensaamheid. Dit is asof jy die gewig te veel kere al opgetel het en daar geen manier vir jou is om aan te gaan nie.



Maar die ironie van gewigoptel is dat dit bewys is dat dit jou spiere sterker maak. Weerstand maak jou sterker. 



Die beste nuus vir ons harte is dat ons nie weerstand alleen hoef te verduur nie. Ons het 'n bonatuurlike, ewigdurende, almagtige bron van krag in ons Skepper wat nooit moeg of gedaan word nie. Die belofte van Jesaja in vandag se Skrifgedeelte sê dat Hy krag sal gee aan ons moeë harte en ons sal sterk maak wanneer ons kragteloos is. 



Die psalmdigter sê: “Groot en magtig is ons Here. Sy kennis ken geen grense nie” (Psalm 147:5 NLV). Ons kan ons hele lewe daaraan wy om van die Here te leer en ons sal steeds nie volle begrip hê van wie Hy is nie. In ons moegheid en ons uitgeputte krag, kan ons ons oor-en-oor na God wend en meer van sy karakter en sy weë ontdek. In die diepte van daardie oomblikke van ontdekking oor ons Vader, is waar ons hoop opgebou word. 



“Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal nuwe krag kry.” Hierdie belofte is vir jou bedoel!



Die Hebreeuse woord, wat hier as "hoop" vertaal word, is qavah en kan ook vertaal word as “om te vertrou, om te wag, om te soek en om te verwag.” Dit word elders in die Bybel gebruik om die saambind van materiaal te beskryf, die versameling van en ferm greep op iets, soos op krag toegepas. 



Hoop is nie passief nie. Net soos ek die gewig met my hande moet vasgryp om elke oefening uit te voer, is daar aksie betrokke in hoop. Die hoë-proteïen maaltyd wat ek na 'n oefensessie eet verskaf energie aan my liggaam en hernu my krag. As ons fisieke liggame dan deur gewigte en voedsel versterk word, hoeveel te meer sal ons harte nie deur ons almagtige en ewigdurende God versterk word nie? 



Stel jou hoop op die Here vandag en vind jou krag in Hom.



“Hoe ongelooflik wonderlik is God nie – hoe ontsaglik ryk en wys en vol kennis is Hy nie! Sy beslissings gaan ons begrip te bowe; sy manier van doen kan ons nie deurvors nie. Wie van ons kan regtig verstaan hoe God dink? Of wie sou as sy raadgewer kon optree? Of wie sou ooit aan Hom ’n guns kon bewys vir wie Hy dit sou moes vergoed? Hy is die bron van alles. Alles bestaan deur sy krag, en alles is op Hom gerig. Aan Hom behoort die heerlikheid vir altyd en altyd. Amen” — Romeine 11:33-36 (NLV).



Nadenke: Hoe kan jy hoop soek en verwag in 'n area van jou lewe wat hopeloos lyk?



Maak dit prakties: As jy weet dat God die bron van alle krag en sterkte is, oordink wat jy kan doen om krag saam te bind, te versamel en vas te gryp.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Hope: A Study in Scripture

1 Korintiërs 13:13 sê: "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!" Geloof, hoop en liefde is dié drie kenmerkende eienskappe van Jesus se volgelinge. Regdeur die Skrif word ...

More

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid