Leesplan inligting

Hoop: 'n Studie in die SkrifVoorbeeld

Hope: A Study in Scripture

DAG 9 VAN 12

HOOP OP DIE GETROUHEID VAN GOD


Deur Maritza Cosano    


“Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het” — Hebreërs 10:23.



Hoop is 'n spesiale geskenk van ons verlossing. Volgens Hebreërs 10:23 is dit 'n sekerheid van God se belofte. Ons kan "hoop" dat ons probleme môre verby sal wees, of dat ons kinders nie (alweer) hulle ontbytpap op die woonkamer se mat sal mors nie, maar ons moet altyd onthou: ons enigste betroubare hoop is in dit wat ons nie kan sien of beheer nie — die buitensporige getrouheid van God. 



Soos die meeste ander vroue, is my brein ontwerp vir instinktiewe denke en is goed om dinge te beheer. Moenie 'n fout maak nie, hoewel die tegniese vernuf van ons brein se bedrading fantasties is, laat ons dit dikwels toe om dinge goed deurmekaar te krap. Hoofsaaklik ons oorheersende begeerte om in beheer te wees. Ja, dit is swaar om te erken, maar die meeste vroue hanteer onverwagte gebeure nie baie goed nie. Daarom beplan ons, organiseer ons en voer ons, ons planne uit ... wat dit ook al mag wees. 



'n Belangrike ding om in gedagte te hou is dat ons van jongs af sekere verantwoordelikhede gekry het, soos om 'n (speel-speel) baba in ons arms vas te hou. Ons het dit gesus. Dit gevoer. Ons het dit teen ander mense beskerm, veral teen ons boeties — of seuns oor die algemeen. Is dit dan so verbasend dat wanneer dit by ons lewensomstandighede kom, ons dit moeilik vind om ons hoop in iets of iemand anders as onsself te plaas? Of selfs in iemand wat ons nie kan sien of vertrou nie? 



Vertroue ... Dit lei ons nou na die tweede belangrike ding. As vroue het die meeste van ons al meer as ons deel gehad aan redes om ander te wantrou. Of dit nou is weens slegte verhoudings met die teenoorgestelde geslag, of met vriendinne en gesinslede. Dames, dit is egter hier waar ons orde in ons deurmekaar gedagtes moet skep en toelaat dat God beheer neem. Dít kan slegs gebeur as ons Hom met ons hele hart vertrou. Ek weet dat vertroue nie altyd maklik gebeur nie. As daar egter een persoon is wat ons werklik KAN vertrou, is dit die Een wat ons gemaak het en gered het, wat sy Seun vir ons gestuur het en aan ons die ewige lewe gegee het! Ons verantwoordelikheid teenoor God, as sy dogters, is om sy karakter te leer ken sodat ons, sonder enige twyfel, sal weet, dat hoe Hy ook al met ons omstandighede in hierdie lewe handel, dit die regte manier is. Selfs wanneer dinge nie uitwerk soos wat ons gedink het of gehoop het nie, kan ons steeds sterk staan in die wete dat Hy ons Abba Vader is — volkome liefdevol, alwetend, ongelooflik barmhartig en genadig. 



As volgelinge van Jesus, is ons geroepe om op 'n aantal gebiede te volhard, om aan hoop vas te klou wanneer die lewe dol raak — deurentyd aan die vorentoe beweeg, op pad na die dag wanneer Christus weer kom of ons huis toe neem. Laat ons intussen aan mekaar vashou as susters in Christus, en mekaar die liefde, ondersteuning en bemoediging bied, wat elkeen van ons so nodig het. 



Jou verhouding met Jesus is van verreikende betekenis in jou lewe as 'n gelowige. Ek daag jou uit hierdie week, om al jou vertroue in God se plan vir jou lewe te plaas, met die volle verwagting dat Hy alles sal volbring wat Hy belowe het, selfs al het jy nog nie daardie vervulling ervaar nie. 



Nadenke, Maak dit prakties en Bid: Lees Hebreërs 11 en maak notas van wat God jou wys en wat dit vir jou beteken. Vra dan vir God: “Here, vermeerder asseblief my geloof in U.”


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Hope: A Study in Scripture

1 Korintiërs 13:13 sê: "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!" Geloof, hoop en liefde is dié drie kenmerkende eienskappe van Jesus se volgelinge. Regdeur die Skrif word ...

More

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid