Leesplan inligting

Hoop: 'n Studie in die SkrifVoorbeeld

Hope: A Study in Scripture

DAG 3 VAN 12

HOOP WAT NIE BESKAAM NIE


Deur Linda Cucci



God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het” — Romeine 5:1-5.



Vryspraak. Vrede. Vrye toegang. HOOP! Dít is wat ons by God kry deur Jesus. Nadat hy in die boek Romeine amper die volle eerste vier hoofstukke daaraan wy om te verduidelik hoe onverdienstelik ons is om voor 'n heilige en volmaakte God te staan; die skeiding wat ons sonde veroorsaak uit te lê, en ons stand voor God voor Jesus se koms te verduidelik, skuif Paulus se fokus hier na wat ons ontvang uit genade deur geloof in Jesus. Die vraag is ... HOEKOM?  



Hoekom sou God aan hopelose, hulpelose sondaars, wat voorheen ver van God af was (Kolossense 1:21); wat vyande van God was (Romeine 5:10), soveel genade en vryspraak betoon? Daar is net een verklaring vir die Almagtige God se optrede teenoor ons: LIEFDE! Dit word duidelik gemaak net 'n paar verse na vandag se Skrifgedeelte in Romeine 5:8: “Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” Die Here, in sy liefdevolle goedhartigheid, in sy deernis, in sy genade het ons met Homself versoen deur sy Seun, deur wie "ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes" (Kolossense 1:14).



Jesus het die ewige gaping oorbrug. Deur sy genade het ons nou toegang tot die Allerheiligste. Met ontsluierde gesigte kan ons nou sy troon nader, nie meer skaam nie, maar versekerd dat Hy ons nooit sal verwerp nie. Die inwonende Gees van God in ons is die bewys van sy blywende liefde!



Dit is deur dít en dit alleen ... deur sy LIEFDE dat ons vrygespreek word, deur geloof en dat daar vrede tussen ons en God is. Ons leef nie meer onder die straf van sonde wat ons verstrengel nie. Ons word nie meer verpletter onder die gewig van hopeloosheid en hulpeloosheid nie, want waar sonde oorvloedig was, het genade gekom en bedek en verlos, en aan ons 'n onfeilbare, onstuitbare hoop verskaf. En hierdie hoop stel ons nie teleur nie; dit dien as 'n anker vir ons siele deur ons te herinner aan wat Christus vir ons gedoen het en ons daarop te wys wat vir ons wag in Christus. As gevolg van hierdie hoop kan ons ons “verheug in die swaarkry”.



Dit is duidelik dat ons swaarkry saak maak vir die Een wat ons heilig maak. Sy begeerte is om dit te gebruik om ons geloof te vestig, ons op te bou, ons sterk te maak, en ons nader aan Hom te trek in 'n intieme verhouding. Hy alleen kan aan ons die krag gee wat ons nodig het om deur te druk. Die keuse wat ons maak om ons wil aan Hom te onderwerp sal die karakter in ons ontwikkel, wat ons nodig het om Hom in 'n verlore wêreld te verteenwoordig. 



Laat ons dan standvastig wees in die hoop: "die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof." (Hebreërs 12:2a) Sy liefde bedek alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie. 



Nadenke: Hoe versterk God se liefde ons hoop?



Maak dit prakties: Maak 'n lys van maniere hoe jy hierdie hoop met ander kan deel.



Bid: Sê vir God dankie vir sy liefde en genade, die bron van ons hoop.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Hope: A Study in Scripture

1 Korintiërs 13:13 sê: "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!" Geloof, hoop en liefde is dié drie kenmerkende eienskappe van Jesus se volgelinge. Regdeur die Skrif word ...

More

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid