Leesplan inligting

Hoop: 'n Studie in die SkrifVoorbeeld

Hope: A Study in Scripture

DAG 4 VAN 12

SELFVERSEKERDE HOOP


Deur Gretchen Scruby


"Hierdie hoop besit ons as 'n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is. Daar het Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan, en Hy is vir ewig Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek" — Hebreërs 6:19-20.



Ek het op die stoel in ons woonkamer neergesak terwyl ek my wit vlaggie van oorgawe swaai. Ek het die dag deurgebring deur te kook en kreatief stil plekke te soek vir die kinders om te werk terwyl ek skeidsregter speel. 



Ek was besig om te verdrink in my omstandighede, wat my omgekrap in plaas van hoopvol laat voel het. Ek kon nie woorde kry om te bid nie, en ook nie die energie om my Bybel oop te maak nie. Ek moes gevra het vir gebed, maar my stresvolle dag het onbeduidend gelyk in vergelyking met ander se situasies. Ons was vir meer as 'n maand al tuis, besig om by 'n nuwe roetine as gevolg van COVID-19 aan te pas. Gelukkig was my gesin gesond en ek was dankbaar dat ons almal bymekaar was. Hoe kon ek kla? 



Nietemin, terwyl die dae aaneen vloei het die spanning gestyg. Die gedagte om dit die volgende dag weer te moet doen het my asem weggeslaan. Ek weet Jesus is altyd by my (Hebreërs 13:5b), maar ek het steeds alleen gevoel. Hoekom kon die onthou hiervan, nie genoeg wees om my wanhoop weg te vat nie?  



Op dieselfde manier wat 'n kaptein die anker moet gebruik om sy skip te stabiliseer, veral in onstuimige seë, het ek besef dat ek Jesus nodig het om my bestendig te hou. Ek het dus begin om die leuens wat deur my gedagtes gewarrel het met God se waarheid te vervang. 1 Petrus 5:7 (NLV) sê: "Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om." Wat ons ook al in die gesig staar, God wil hê dat ons alles na Hom toe moet bring. 



Ek het daardie dag oorleef, en geweet dat ek die volgende een ook kon oorleef. Ek het werklik begeer dat "die nuwe normaal" moet eindig. Ek het van Jesus verwag om my omstandighede te verander in plaas van om my te verander. Om vertroue in Jesus te koester, beteken nie dat al die storms sal ophou nie. 



Ten spyte van die stormwinde wat steeds gewoed het, het Jesus my gekalmeer terwyl ek 'n paar praktiese planne in werking gestel het: Ek het met ander gedeel hoe ek voel en gevra dat hulle vir my bid, ek het meer gereeld aanbiddingsmusiek aangeskakel om die rumoer in ons huis te bekamp, en ek het op my seëninge begin fokus asook hoe ek ander tot seën kon wees.  



Die belangrikste is dat ek nou deur die dag oor die Skrif nadink. Die afgelope maand terwyl ek tuis was, het ek 'n Skrifjoernaal begin — ek moes dit net oopmaak! Min het ek geweet God het my voorberei vir wanneer ek uitgeput sou raak in hierdie lewenstydperk.



Hierdeur kan ons ook te wete kom dat ons aan die ware God behoort en kan ons ons gewete voor Hom tot rus bring. As ons gewete ons veroordeel – God is groter as ons gewete, en Hy weet alles” — 1 Johannes 3:19-20.



Nadenke: Is daar 'n storm in jou lewe wat jy vir Jesus vra om stil te maak? Sal jy Hom nooi om jou rustig te maak te midde daarvan?



Maak dit prakties: Skryf Hebreërs 6:19-20 neer en oordink dit. Herinner jouself dat Jesus jou anker van hoop is, selfs wanneer jy nie hoopvol voel nie.



Bid: Hou styf vas aan die hoop van Jesus, luister na aanbiddingsmusiek, maak 'n lys van dinge waarvoor jy dankbaar is, en reik uit na ander vir gebed. Jy is nie alleen nie. Jesus is by jou en Hy sien alles waardeur jy gaan. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Hope: A Study in Scripture

1 Korintiërs 13:13 sê: "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!" Geloof, hoop en liefde is dié drie kenmerkende eienskappe van Jesus se volgelinge. Regdeur die Skrif word ...

More

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid