Leesplan inligting

Sag en Nederig: 'n 14-dag LeesplanVoorbeeld

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

DAG 5 VAN 14

Wanneer Hebreërs 5:2 van Jesus sê: "Hy kan meegevoel hê met die onwetendes en dwalendes ..." is die punt dat Jesus sagkens optree met al die sondaars wat na Hom toe kom, ongeag wat hulle oortreding is en hoe grusaam dit ook al is.  



Wat by Jesus teerheid uitlok, is nie die erns van die sonde nie, maar of die sondaar na Hom toe kom. Wat ook al ons oortreding is, Hy handel sagkens met ons. Indien ons nooit na Hom toe kom nie, sal ons 'n oordeel ervaar wat so geweldig is soos 'n swaard met twee snykante wat uit sy mond uitgaan na almal van ons toe (Openbaring 1:16). As ons wel na Hom toe kom, so fel as wat sy leeu-agtige oordeel oor ons sou gewees het, so diep sal sy lam-agtige teerheid vir ons wees. 



Ons sal toegevou word deur die een of die ander. Jesus sal nie neutraal teenoor enigeen staan nie.



Dink na oor wat dit alles beteken. Wanneer ons sondig, word ons aangemoedig om ons deurmekaar lewe na Jesus toe te vat, want Hy sal weet hoe om ons te ontvang. Hy hanteer ons nie hardhandig nie. Hy frons en raas nie. Hy reageer nie met woede uitbarstings soos baie van ons ouers nie. 



Al die selfbeheersing aan sy kant is nie omdat Hy 'n afgewaterde uitkyk op ons sondigheid het nie. Hy ken die diepte van ons sondigheid beter as wat ons dit ken. Inderdaad, ons is net van ons verdorwenheid bewus soos die punt van 'n ysberg, selfs in ons ondersoekende oomblikke van self-kennis. Sy selfbeheersing vloei eenvoudig uit sy tere hart vir sy mense. 



Hebreërs sê nie net dat Jesus ons liefhet in plaas daarvan om met ons te raas nie. Dit vertel ons van die soort liefde wat Hy vir ons het — eerder as wat Hy genade van daar bo af aan ons voorsien, kom Hy af na ons toe en plaas sy arm om ons, Hy hanteer ons volgens ons behoeftes. Hy hanteer ons sagkens.



Hoekom? Waarom hanteer Christus ons sagkens? 



Die vers sê: "omdat hy self aan swakheid onderhewig is." 



Dit verwys oor die algemeen na die hoëpriesters. Dit is duidelik uit die volgende vers, wat praat van die hoëpriesters wat eers offers vir hul eie sondes moet bring, maar wat Jesus nie hoef te doen nie. Onthou wat ons 'n paar verse tevore gesien het in Hebreërs 4:15: "Hy het nie gesondig nie" en is in staat om: "medelye met ons swakhede te hê; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp." 



Jesus het geen sonde. Hy het wel ervaar wat dit beteken om soos 'n ware mens in 'n vervalle wêreld te leef — die swakheid wat lyding en versoeking, en elke soort menslike beperking meebring. Die verskillende hoëpriesters regdeur Israel se geskiedenis was sondig — Jesus, ons Hoëpriester is egter sondeloos. 



Anders as wat ons dalk verwag, hoe dieper ons in swakheid, lyding en deur toetse gaan, hoe dieper is God se samehorigheid met ons. Soos ons in pyn en angs wegsak kom ons ook al hoe dieper in Christus se hart, nie weg daarvandaan nie. 



Kyk na Christus. Hy hanteer jou sagkens. Dit hoe Hy altyd sal wees. Hy is ons Hoëpriester wat die rol van hoëpriesters beëindig. Solank as wat jy jou aandag op jou sondes bepaal, sal jy nie sien hoe veilig jy kan wees nie. Wanneer jy egter na die Hoëpriester kyk, sal jy nie sien hoe jy in gevaar kan wees nie. 



Om onsself te ondersoek, kan ons net strengheid uit die hemel verwag. Deur na Christus te kyk, kan ons sagtheid verwag.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

Verken Christus se hart vir sondaars en diegene wat ly deur elke dag 'n kort Skrifgedeelte te lees en oor 'n besondere aspek van die hart van God en van Christus te peins. Besef weereens nie net wat Jesus vir jou gedoen ...

More

Baie dankie aan Crossway wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.crossway.org/books/gentle-and-lowly-hcj/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid