Leesplan inligting

Sag en Nederig: 'n 14-dag LeesplanVoorbeeld

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

DAG 7 VAN 14

Net soos ons nouliks die Goddelike wreedheid kan begryp wat vir die diegene wag wat buite Christus is, is dit ewe waar dat ons nouliks die Goddelike teerheid kan begryp wat alreeds op diegene rus wat in Christus is. Ons mag dalk 'n bietjie skugter voel of ongemaklik of selfs skuldig voel in die beklemtoning van God se teerheid wat soveel meer omvangryk as sy gramskap is. Die Bybel voel nie sulke ongemaklikheid nie. 



Die skuld en skande van diegene in Christus word vir altyd oorskry deur sy oorvloedige genade. Wanneer ons voel dat ons sondige gedagtes, woorde en dade God se genade teenoor ons kan verminder, veroorsaak daardie sonde en mislukkings inderdaad dat dit toeneem en al hoe meer na vore kom.



Onthou egter dat die genade van God nie onpersoonlik is nie. God se genade kom nie minder of meer na ons as wat Jesus Christus na ons toe kom nie. Dit is nie "iets" wat volgens die evangelie aan ons gegee word nie — ons ontvang 'n Persoon. Kom ons delf nog dieper. Wat ontvang ons wanneer Christus vir ons gegee word? 



Nog treffender, as ons van genade kan praat, nie asof dit deur ons sonde uitgestrek word nie, maar net na ons kom deur Christus self, dan kom ons te staan voor 'n noodsaaklike aspek van wie Christus is — 'n Bybelse aspek wat die Puriteine graag oordink naamlik, wanneer ons sondig, word die hart van Christus na ons toe uitgestrek.



Dit mag veroorsaak dat sommige van ons ineenkrimp. As Christus volkome heilig is, moet Hy tog Homself van sonde onttrek? 



Hier betree ons een van die diepgaande misteries van wie God in Christus is. Nie net is heiligheid en sondigheid volkome teenoorgesteldes nie, maar Christus, wat volkome heilig is, weet en voel die afgryse van sonde nog dieper as enigeen van ons sondiges kan — net soos hoe reiner die mens se se hart is, hoe meer ontsteld word hy by die gedagte van sy bure wat beroof of misbruik word. Net so, hoe meer korrup ons harte is, hoe minder is ons geaffekteer deur die boosheid oral om ons. 



Neem hierdie vergelyking 'n bietjie verder. Hoe reiner die hart, hoe meer skrikwekkend is die bose vir ons, so ook hoe reiner van hart, hoe meer natuurlik word dit om te help, verligting te bring, te beskerm en te troos, terwyl 'n korrupte hart al stiller en meer onverskillig word. 



So is dit ook met Christus. 



Sy heiligheid vind die boosheid afstootlik, meer walglik as enigeen van ons ooit kan voel. Dit is daardie heiligheid wat sy hart aanvuur om te help, verligting te bring, te beskerm en te vertroos. Weereens moet ons in gedagte hou die aller-belangrike onderskeid tussen dié wat nie in Christus is nie en diegene wat wel in Christus is. 



Vir hulle wat nie aan Hom behoort nie, ontlok sonde heilige toorn. Hoe kan 'n sedelik ernstige God anders reageer? Aan dié wat wel aan Hom behoort, ontlok sonde heilige verlange, heilige liefde, heilige teerheid.



Net soos ons so maklik kan lewe met 'n verminderde siening van die straf en oordeel van God wat oor diegene losgelaat word wat buite Christus is, net so maklik kan ons lewe met 'n verminderde siening van die medelydende hart van God wat losgelaat word oor diegene wat in Christus is. 



Die hele Bybelse storielyn veroorsaak dat ons ons asems ophou. Die sonde van hulle wat aan Christus behoort, maak die sluise van sy hart oop wat vol deernis vir ons is. Die damwal breek. Dit is nie ons goedheid wat sy liefde wen nie. Dit is ons gebrek aan goedheid. 



Ons harte smag daarna om dit te kan verstaan. Dit is nie hoe die wêreld om ons werk nie. Dit is nie hoe ons eie harte werk nie. Ons buig in nederige onderdanigheid, laat God die voorwaardes stel waarvolgens Hy ons liefhet.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

Verken Christus se hart vir sondaars en diegene wat ly deur elke dag 'n kort Skrifgedeelte te lees en oor 'n besondere aspek van die hart van God en van Christus te peins. Besef weereens nie net wat Jesus vir jou gedoen ...

More

Baie dankie aan Crossway wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.crossway.org/books/gentle-and-lowly-hcj/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid