Leesplan inligting

Sag en Nederig: 'n 14-dag LeesplanVoorbeeld

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

DAG 4 VAN 14

Al ons natuurlike intuïsie vertel ons dat Jesus met ons is, aan ons kant is, teenwoordig is en ons help wanneer die lewe goed is. Hierdie teks sê egter die teenoorgestelde. Dit is in "ons swakheid" dat Jesus met ons simpatiseer. Die woord vir "simpatiseer" is 'n saamvoeging wat gevorm word deur die voorvoegsel wat "met" beteken (soos die Engelse voorvoegsel co-) en die werkwoord om te ly. 



Die woord "simpatiseer" is nie koue en afsydige jammerte nie. Dit is 'n diepe gevoel en eensgesindheid soos dit in ons eie lewens eggo, meer noukeurig soos ouers oor hul kinders voel. Inderdaad, dit is selfs nog veel dieper. In ons pyn, is Jesus ook gepynig — in ons lyding, voel Hy die lyding soos sy eie — nie dat sy onoorwinlike Goddelikheid bedreig word nie, maar in die sin dat sy hart vryelik in ons nood by ons is. 



Sy menslike aard is betrokke in ons omvattende probleme. Sy liefde kan nie teruggehou word wanneer sy mense in pyn verkeer nie.



Die skrywer van die Hebreërs neem ons aan die hand en lei ons diep in die hart van Christus, wys vir ons die onbeperkte saamwees van Jesus met sy mense. Die rede hoekom Jesus in eensgesindheid met ons is, is omdat die moeilike pad waarop ons is nie uniek aan ons is nie. 



Hy het self die reis reeds onderneem. Dit is nie net dat Jesus ons probleme, soos 'n dokter wat medisyne voorskryf, kan verlig nie — dit ook, maar voordat enige verligting kom, is Hy saam met ons in ons probleme, soos 'n dokter wat dieselfde siekte as jy het.



Deursoek jou eie lewe. Wanneer die verhouding suur word, wanneer die gevoelens van onbeduidendheid begin kop uitsteek, wanneer dit voel asof die lewe by ons verbygaan, wanneer dit lyk asof ons een kans op betekenisvolheid deur ons vingers glip, wanneer ons nie ons emosies kan hanteer nie, wanneer die jarelange vriend ons teleurstel, wanneer 'n gesinslid ons verraai, wanneer ons intens verkeerd verstaan word, wanneer vir ons gelag word — kortliks, wanneer die gevalle wêreld om ons begin toeneem en ons wil dwing om handdoek in te gooi — daar, net daar, het ons 'n Vriend wat presies weet hoe sulke toetse voel, Hy sit naby ons, koester ons. 



By ons. In samehorigheid.



Ons neiging is om intuïtief te voel hoe moeiliker die lewe word, hoe eensamer is ons. Soos ons dieper in die pyn wegsink, sink ons dieper in die gevoel van afsondering. Die Bybel wys ons tereg. Ons pyn oorskry nie wat Hy deurgemaak het nie. Ons is nooit alleen nie. Daardie hartseer wat ons so afsonder, so uniek is, is ook in die verlede deur Hom gedra en dra Hy nou in die hede saam met ons.



Wat van ons sondes? Behoort ons moedeloos te raak omdat Jesus nie in samehorigheid met ons in ons mees pynlike oomblikke is nie, in die skuld en skande van ons sondes? Nee, om twee redes: 



Eerstens beteken Jesus se sondeloosheid dat Hy beter as ons versoekings ken. C. S. Lewis het dit vergelyk met 'n man wat teen die wind inloop. Wanneer die wind van versoeking sterk genoeg word, gaan die man lê, verloor hy moed — en dus weet hy nie hoe dit tien minute later sou gevoel het nie. 



Jesus het nooit gaan lê nie — Hy het al ons versoekings en toetse verdra sonder om oor te gee. Daarom ken Hy die krag van versoekings beter as enigeen van ons. Net Hy weet waarlik wat die koste daarvan is. 



Die tweede rede, is dat ons enigste hoop is dat die Een wat in al ons pyn deel dit ook deel as die rein en heilige Een. Ons sondelose Hoëpriester is nie een wat verlossing nodig het nie, maar dit aanbied. Dit is waarom ons na Hom toe kan gaan om "barmhartigheid en genade [te] ontvang" (Hebreërs 4:16). Hy is nie in die strik van sonde saam met ons gevang nie — Hy alleen kan ons daar uittrek. 



Sy sondeloosheid is ons verlossing.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

Verken Christus se hart vir sondaars en diegene wat ly deur elke dag 'n kort Skrifgedeelte te lees en oor 'n besondere aspek van die hart van God en van Christus te peins. Besef weereens nie net wat Jesus vir jou gedoen ...

More

Baie dankie aan Crossway wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.crossway.org/books/gentle-and-lowly-hcj/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid