Leesplan inligting

Sag en Nederig: 'n 14-dag LeesplanVoorbeeld

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

DAG 1 VAN 14

Die Griekse woord vir "saggeaard" kom drie keer in die Nuwe Testament voor — in die eerste saligspreking wat sê dat die "sagmoediges" die aarde sal besit; in Matteus 21 by die profesie van koning Jesus se koms dat Hy: "kom na jou toe, nederig en op 'n donkie"; en in 1 Petrus 3 (AFR53) waar hy sê vroue se skoonheid moet innerlik wees, met: "die hart in die onverganklike versiering van 'n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God." 



Sagmoedig. Nederig. Saggeaard. Jesus is nie aggressief nie. Nie hardvogtig of verkramp nie, word nie maklik kwaad nie. Hy is die Persoon in die heelal met die meeste begrip vir ons. Sy natuurlike ingesteldheid is nie om vinger te wys nie, maar om oop arms te hê.



Die betekenis van die woord "nederig" oorvleuel met die woord "saggeaard", tesame kommunikeer dit 'n enkele werklikheid oor Jesus se hart. Die spesifieke woord nederig, word algemeen in die Nuwe Testament gebruik as "genadig", soos in Jakobus 4:6: "God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade". 



Regdeur die Nuwe Testament verwys die Griekse woord nie na nederigheid as 'n deug nie, maar in die sin van 'n behoefte of platgedruk deur lewensomstandighede.



In Maria se loflied na die engel haar oor Jesus se geboorte inlig, word die woord byvoorbeeld gebruik om diegene wat "gering" is, op God se manier te verheerlik. Paulus gebruik die woord wanneer hy ons vertel: "Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges" wat verwys na die sosiaal onindrukwekkende, diegene wat nie die middelpunt van 'n partytjie is nie, en oor wie die gasheer benoud raak dat hulle wel sal opdaag. 



Die punt daarvan om te sê dat Jesus nederig is, is omdat Hy toeganklik is. Ondanks al sy glansende heerlikheid en verbysterde heiligheid, sy hoogste uniekheid en andersheid, was geeneen in die menslike geskiedenis nog meer toeganklik as wat Jesus Christus is nie. 



Daar is geen voorvereistes nie. Geen groot dade word benodig nie. Die minimum wat nodig is om ingesluit te word in Jesus se omhelsing is eenvoudig — maak jouself oop vir Hom. Dit is al wat Hy vra. Matteus 11:28 sê uitdruklik wie kwalifiseer vir gemeenskap met Jesus: "almal wat uitgeput en oorlaai is." 



Jy het nie nodig om jouself eers reg te kry voor jy na Jesus toe te gaan nie. Dit is juis jou laste wat jou laat kwalifiseer om na Hom toe te kom. Geen betaling is nodig nie — Hy sê verder in vers 28: "... en Ek sal jou rus gee." Sy rus is 'n gawe, nie 'n transaksie nie. Of jy aktief daaraan werk om jou lewe vlot te laat verloop of wanneer jy gebuk gaan onder iets buite jou beheer, Jesus Christus se begeerte is dat jy rus vind, dat jy uit die storm kom.



"Sagmoedig en nederig." Volgens sy eie getuienis, is dit Christus se hele hart. Dit is wie Hy is. Hy is teer, oop en verwelkomend. Hy skep ruimte vir jou. Hy het begrip vir jou en is gewillig om jou te help. 



As jy slegs een ding moet sê oor wie Jesus is, sal jy Jesus se eie onderrig verheerlik as jou antwoord "sagmoedig en nederig" is.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

Verken Christus se hart vir sondaars en diegene wat ly deur elke dag 'n kort Skrifgedeelte te lees en oor 'n besondere aspek van die hart van God en van Christus te peins. Besef weereens nie net wat Jesus vir jou gedoen ...

More

Baie dankie aan Crossway wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.crossway.org/books/gentle-and-lowly-hcj/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid