Leesplan inligting

Sag en Nederig: 'n 14-dag LeesplanVoorbeeld

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

DAG 14 VAN 14

Kyk na die rykdom van God se genade in jou eie lewe. Hy is die opgestane God. Hy ontmoet jou nie halfpad nie. Dit is nie omdat bekeerde sondaars nie op sy taaklys is nie. Dit is in sy aard om by die dood betrokke te raak en lewe te bring — dit is ook waar vir jou. Hy het dit eens en vir altyd beslissend met jou bekering gedoen, maar Hy hou aan om dit keer op keer vir jou sonde en dwaasheid te doen. 



Miskien wanneer jy na die bewyse van jou lewe kyk, weet jy nie tot watter gevolgtrekking jy kan kom nie, behalwe dat die genade van God in Christus jou verbygegaan het. Miskien is jy erg mishandel. Misverstaan. Verraai deur die een persoon wat jy veronderstel was om te vertrou. Verstote. Uitgebuit. Miskien dra jy 'n pyn wat nooit sal heel nie. Indien my lewe 'n bewys van God se genade in Christus is dink jy dalk is ek nie beïndruk nie.



Vir jou sê ek dat die bewyse van God se genade teenoor jou nie in jou lewe is nie. Die bewyse van sy genade teenoor jou is sy — mishandeling, toe Hy misverstaan is, verraai en verstote was. Ewig. In jou plek. 



As God sy eie Seun gestuur het om deur die vallei van veroordeling, verwerping en die hel te gaan, dan kan jy Hom vertrou terwyl jy deur jou eie valleie loop op jou weg na die hemel toe.



Miskien sukkel jy om die ryk genade van God in Christus jou eie te maak, nie oor wat ander aan jou gedoen het nie, maar wat jy gedoen het om jou eie lewe te boikot, miskien deur een groot dom besluit of deur tien duisende kleintjies. Jy het sy genade verkwis en jy weet dit. 



Vir jou vra ek, weet jy wat doen Jesus met mense wat sy genade verkwis? Hy stort nog meer genade op hulle uit. God is ryk in genade. Dit is die kern van die saak. 



Of teen ons gesondig is, of ons onsself in ellende in gesondig het, sê die Bybel dat God nie suinig met genade is nie, maar vrygewig, nie spaarsamig is nie, maar rojaal, nie arm nie, maar ryk. 



Dat God ryk in genade is beteken dat jou diepste wese van skaamte en spyt nie hotelle is waardeur Goddelike genade gaan nie, maar huise waarin Goddelike genade woon. 



Dit beteken dat die dinge oor jou wat jou die meeste laat ineenkrimp, veroorsaak dat Hy jou die styfste vashou. 



Dit beteken dat sy genade nie berekenend en versigtig is soos ons s'n nie. Syne is onbeheerste, oorvloedige, meesleurende, enorm-groothartig. 



Dit beteken dat ons kwellende skande nie vir Hom 'n probleem is nie, maar die einste ding is waarmee Hy graag werk. 



Dit beteken dat ons sondes nie veroorsaak dat sy liefde vir ons verdwyn nie. Ons sondes veroorsaak dat sy liefde toeneem. 



Dit beteken dat op die dag wat ons voor Hom staan, stil en versigtig, ons van verligting sal huil, geskok oor hoe 'n arm blik ons van sy genaderyke hart gehad het.



Leer nog meer van "Gentle and Lowly: The Heart of Christ for Sinners and Sufferers"
 deur Dane C. Ortlund.


Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

Verken Christus se hart vir sondaars en diegene wat ly deur elke dag 'n kort Skrifgedeelte te lees en oor 'n besondere aspek van die hart van God en van Christus te peins. Besef weereens nie net wat Jesus vir jou gedoen ...

More

Baie dankie aan Crossway wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.crossway.org/books/gentle-and-lowly-hcj/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid