Leesplan inligting

Sag en Nederig: 'n 14-dag LeesplanVoorbeeld

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

DAG 8 VAN 14

Regverdiging is verbind aan dit wat Christus in die verlede gedoen het. Voorbidding is dit wat Hy in die hede doen. Dink so daaroor: Christus se hart is 'n bestendige werklikheid wat deur alle tye vloei. Dit is nie asof sy hart net vir sy mense geklop het toe Hy op die aarde was en dat dit verdwyn het noudat Hy in die hemel is nie. 



Dit is nie asof sy hart gebruis het met 'n oorvloed van genade wat Hom die hele pad tot by die kruis geneem en dit toe daarna afgekoel het nie; en Hy na vriendelike onverskilligheid verander het nie. Sy hart reik uit na sy mense, nou meer as ooit tevore toe Hy in sy vleeslike toestand was. Die huidige openbaring van sy hart vir sy mense is sy voortdurende voorspraak namens ons.



Voorbidding is van toepassing op wat versoening bewerkstellig het. Christus se huidige hemelse voorbidding namens ons, is 'n weerkaatsing van die volheid en oorwinning en volmaaktheid van sy aardse werk, nie 'n weerkaatsing van enigiets wat skort in sy aardse werk nie. Die versoening bewerkstellig ons verlossing — voorbidding is die oomblik-tot-oomblik toepassing van die versoeningswerk. 



Om nog dieper te delf, Christus se voorbidding vertel hoe diepgaande en persoonlik ons verlossing is. Indien ons geweet het van Christus se dood en opstanding, maar nie van sy voorbidding nie, sou ons in die versoeking kom om ons verlossing in formuleerbare terme te beskou. 



Dit sou meer formeel as waar gevoel het om te weet wie Christus regtig is. Sy voorspraak vir ons, reflekteer sy hart — dieselfde hart wat Hom deur sy lewe na die kruisdood ter wille van sy mense gedra het; dis dieselfde hart wat Hom nou openbaar in voortdurende smeking, herinnering en oorwinning aan sy Vader om ons altyd te verwelkom.



Die leerstelling van die huidige hemelse voorbidding van Christus word deesdae verwaarloos. Dit is jammer, want dit is 'n vertroostende waarheid en vloei reguit uit die hart van Christus. Terwyl die leerstelling van die versoening ons gerus stel met wat Christus in die verlede vir ons gedoen het, stel die leerstelling van sy voorbidding ons gerus met wat Hy in die hede vir ons doen. 



Indien jy in Christus is, het jy 'n Voorspraak, 'n hedendaagse Middelaar, een wat in vreugde by sy Vader feesvier waar die oorvloedige rede is om jou te omhels met die innigste liefdeshart. 



Ons sondes is groot, maar sy redding is geweldig. Sy redding oorskry altyd en oorweldig ons sondes, want Hy lewe altyd om vir ons voorspraak te doen.




Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

Verken Christus se hart vir sondaars en diegene wat ly deur elke dag 'n kort Skrifgedeelte te lees en oor 'n besondere aspek van die hart van God en van Christus te peins. Besef weereens nie net wat Jesus vir jou gedoen ...

More

Baie dankie aan Crossway wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.crossway.org/books/gentle-and-lowly-hcj/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid