Leesplan inligting

Wat is Geestelike Oorlogvoering?Voorbeeld

What is Spiritual Warfare?

DAG 5 VAN 5

Veg Terug



Ons geestelike vyand is 'n regte jakkals. Die oorspronklike Griekse woord vir so jakkals is noema en dit beteken "bose doel." Hy beplan pyn vir ons lewens en wil ons ondergang bewerk. Hy soek na enigiets en alles wat ons op die verkeerde pad kan bring, sodat ons die sleutelverhoudings in ons lewens kan ruïneer en ons rug op God sal draai.



Wanneer ons geestelik aangeval word, is dit maklik vir ons om ons fokus te rig op die aanval en die dinge wat in ons lewens verkeerd gaan. Dit is juis in hierdie moeilike, oorweldigende oomblikke wanneer ons die wapenrusting moet toelaat om vir ons te werk. In plaas daarvan om onsself te bejammer in ons oënskynlike nederlaag, laat ons eerder erken dat ons nie oorwin is nie en dat ons moet terugveg.



Dus, wanneer jou skild vol gate is, jou helm nie pas nie, jy onvas op jou voete is, jou borsharnas te swaar is, jou gordel afgly en jou swaard stomp is, maak staat op God se waarheid en veg terug. Nadat jy jou aan ons volmaakte en almagtige God onderwerp het, kan jy met hierdie verklaring die duiwel teenstaan:



My God het die wêreld geskep, die aarde op sy fondamente geplaas en op sy bevel, het die waters gevlug. Ek is sy kind, 'n erfgenaam saam met Christus, 'n landsburger van die hemel en my redding is verseker. Ek is God se handewerk, sy eiendom, die tempel van sy Heilige Gees en ek is geregverdig deur geloof. Ek is nie perfek nie, maar ek is vry van veroordeling, want God behandel ons nie volgens wat ons sonde verdien nie. Wanneer probleme opduik, weet ek dat God alreeds daaraan werk tot my beswil en dat Hy die werk wat Hy in my begin het, sal voltooi. Ek is meer as 'n oorwinnaar en het nie 'n gees van vrees nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing, want groter is die Een wat in my woon as die een wat in die wêreld is. Daarom, mag ek met vrymoedigheid tot God nader, omdat ek weet dat ek tot enigiets in staat is deur Christus wat my die krag gee.


Jou geestelike vyand het geen mag oor jou nie, vanweë die krag van God wat in jou woon. Ons moet hom nie toelaat om ons te weerhou van 'n lewe as oorwinnaar in Christus nie. Wanneer hy pogings aanwend om jou aan jou mislukkings in die verlede te herinner, herinner jouself dan aan alles wat Christus vir jou gedoen het.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

What is Spiritual Warfare?

Wanneer ons kies om Christus te volg, is ons betrokke in geestelike oorlogvoering. Dit is onsigbaar en dikwels subtiel, maar net omdat ons dit nie kan sien nie, beteken nie dat dit nie bestaan nie. Ons geestelike vyand b...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid