Leesplan inligting

Wat is Geestelike Oorlogvoering?Voorbeeld

What is Spiritual Warfare?

DAG 2 VAN 5

Die Gordel, Borsharnas en Skoene (Wapenrusting van God - deel 1)



Soortgelyk aan 'n soldaat wat 'n wapenrusting van staal sou aantrek gedurende 'n geveg, beskryf Efesiërs 6 vir ons die geestelike wapenrusting van God en hoe dit in ons lewens werk. Dit is 'n verduideliking van hoe om die magte van die duisternis in die geestelike sfeer te beveg. Die wapenrusting bestaan uit ses dele en is volledig wanneer ons gebed in ons lewens aktiveer. Vandag gaan ons die eerste drie komponente bespreek: die Gordel van Waarheid, die Borsharnas van Vryspraak en die Skoene van die Evangelie van Vrede. 



Gordel van Waarheid

Dit was die eerste ding wat die soldaat moes aantrek. Elke ander deel van die wapenrusting was hieraan vasgemaak. God se woord is ons bron van waarheid en dit is die "gordel" wat ons eerste moet aantrek, voordat ons die res daarby voeg. As volgelinge van Christus, moet ons te alle tye op God se waarheid staan. Ons moet dit gebruik as riglyn vir ons gebede, om ons te help om nie te sondig nie en om ons te versterk wanneer ons bang is. Deur God se waarheid te ken, kan dit voorkom dat ons die waarheid moet herdefinieer, afhangende van die omstandighede wat ons in die gesig staar. Soos wat ons in dag een geleer het, is misleiding ons geestelike vyand se hoofdoel. Misleiding is so moeilik, want as ons mislei word, verblind dit ons. Dit is hoekom ons moet weet wat God se waarheid is. 



Borsharnas van Vryspraak

Vir die soldaat was dit die borsharnas wat die mees belangrike organe beskerm het. Wanneer ons 'n lewe lei waar ons vrygespreek is van sonde of reg lewe, voeg dit 'n bykomende mate van beskerming toe. Deur te kies om reg te lewe voor die Here en om ons bes te doen om gehoorsaam aan God te wees, sal ons Satan minder ammunisie gee om ons mee te bombardeer. Ons doen dit nie om God se liefde te verdien nie, maar om te voorkom dat ons onnodige swaarkry oor onsself bring as ons swak keuses maak. Wanneer ons sonde kies, verwyder ons die borsharnas simbolies en dit stel ons bloot aan aanvalle van Satan. Dit gaan nie daaroor om volmaaktheid te bereik of om te lewe volgens ons opinie van wat "reg" is nie, maar om te kies om 'n lewe te leef wat in lyn is met God se waarheid. 



Skoene van die Evangelie van Vrede

Skoene voorsien beskerming sowel as standvastigheid aan die soldaat. Wanneer 'n soldaat gaan veg, is dit van uiterste belang dat hy nie bekommerd hoef te wees oor sy voete nie. Die evangelie van vrede is 'n stewige fondament wat ons help om sterk te staan en om ons te beskerm wanneer ons gaan veg. Die versekering daarvan sal ons stewig gevestig hou wanneer die lewe se stryd en Satan se aanvalle na ons kant toe kom. Nie net dit nie, maar ons "voete" moet te alle tye gereed wees, sodat ons die evangelie van Jesus met ander kan deel. Hierdie evangelie, die goeie nuus, is die redding van die ganse mensdom. Ons moet dit ken, dit uitleef en reg wees om dit te verkondig. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

What is Spiritual Warfare?

Wanneer ons kies om Christus te volg, is ons betrokke in geestelike oorlogvoering. Dit is onsigbaar en dikwels subtiel, maar net omdat ons dit nie kan sien nie, beteken nie dat dit nie bestaan nie. Ons geestelike vyand b...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid