Leesplan inligting

Wat is Geestelike Oorlogvoering?Voorbeeld

What is Spiritual Warfare?

DAG 1 VAN 5

Wat is geestelike oorlogvoering?



Geestelik gesproke, is daar 'n onsigbare wêreld wat ons nie met menslike oë kan sien nie. In hierdie onsigbare wêreld, is daar 'n oorlog aan die gang wat aangehits word deur ons geestelike vyand, Satan. Daar word onder andere ook na hom verwys as die duiwel, die bose en die dief. 



Satan is die vader van leuens. Elke aanvalsplan en aktiwiteit van Satan begin met 'n leuen. Dit is sy ammunisie teen Christus se volgelinge. As hy ons kan kry om 'n leuen te glo, is dit die begin van ons misleiding. Dit is hoekom ons God se waarheid moet ken, dit moet uitleef, daarop moet staan en dit moet deel. 



Ons moet verstaan dat Satan nie alomteenwoordig is nie. Daar is agt miljard mense in die wêreld en ons goeie, wonderlike God, is by ieder en elk van ons. Maar Satan is nie. Ja, daar is ander bose geeste en kragte aan die werk, maar hy is nie in staat om die hele tyd oral te wees nie. Daarom moet ons hom nie te veel krediet gee nie. 



Wanneer ons kies om Christus te volg, is ons betrokke by geestelike oorlogvoering. Hoekom? Omdat Satan die feit dat ons volgelinge van Christus is, haat, dus sal hy enige iets in sy vermoë doen om ons te laat struikel. Alhoewel Satan sekere kragte het, is hy nie almagtig soos ons groot God nie. Inteendeel, hy loop sy rieme styf met God, omdat hy niks kan doen as hy nie eers toestemming gevra het nie. 



“Simon, Simon!” het Jesus gesê. “Let op, Satan het God ernstig gevra dat hy julle soos koring kan sif, maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie moet begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou medegelowiges ondersteun.”Lukas 22:31-32 NLV



Die feit dat Satan eers toestemming moet vra, is beide bemoedigend, maar ook moeilik om te hoor, nie waar nie? As God 100% soewerein is, hoekom laat Hy toe dat Satan probleme veroorsaak? Dit is waar ons geloof moet inskop. Ons sal nooit verstaan hoekom God nog nie die Satan na sy ewige tuiste van marteling gestuur het nie, maar in Openbaring 20:10 sê dit dat dit presies is wat eendag met hom gaan gebeur. 



Ons geestelike vyand sal van niks meer hou, as dat ons op die onvolmaaktheid van ander fokus en vergeet dat hy eens daar is nie. Dit is 'n groot deel van sy strategie om ons om die bos te lei, deur te dink dat die persoon wat ons aanstoot gegee het op die snelweg, of die familielid wat ons sleg behandel het, die vyand is. Hulle is nie—hy is. 



Net omdat ons geestelike vyand gedurig na maniere soek om ons lewens te vernietig, beteken dit nie dat ons moet lewe asof ons verslaan is nie. Die Een wat binne ons leef, is groter as die een wat daarop uit is om ons te probeer vernietig. Ons het 'n paar dinge wat ons kan gebruik om onsself te beskerm, sodat ons nie in die strikke trap wat hy vir ons gestel het nie. Verdiep jouself in die leesplan se volgende vier dae om uit te vind wat hierdie dinge presies is. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

What is Spiritual Warfare?

Wanneer ons kies om Christus te volg, is ons betrokke in geestelike oorlogvoering. Dit is onsigbaar en dikwels subtiel, maar net omdat ons dit nie kan sien nie, beteken nie dat dit nie bestaan nie. Ons geestelike vyand b...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid