Leesplan inligting

Wat is Geestelike Oorlogvoering?Voorbeeld

What is Spiritual Warfare?

DAG 3 VAN 5

Die Skild, Helm en Swaard (Wapenrusting van God - deel 2)



Ons het gister die eerste drie komponente van die wapenrusting van God bespreek. Vandag gaan ons kyk na die volgende drie - die Skild van Geloof, die Helm van Verlossing en die Swaard van die Gees.



Skild van Geloof

Die skild het aan die soldaat 'n groot mate van beskerming teen aanvalle gebied. Dit was nie iets wat hy moes "aantrek" soos die helm, gordel of borsplaat nie, maar iets wat hy moes "opneem." Baie soos die soldaat, is ons verplig om ook ons deel te doen met die skild van geloof. Ons kan dit nie net aan die arm vasmaak nie. Ons moet "dit opneem" en op ons geloof staatmaak, sodat ons beskerm kan wees teen die geestelike pyle. Wat is daardie pyle? Enige iets waarmee die Satan ons konfronteer, wat teen God se waarheid gemik is. Ons is 'n "mate van geloof" gegee (Romeine 12:3) en as ons op Hom vertrou, sal ons geloof groei. Deur ons geloof in God te beoefen en sy waarheid en beloftes te glo, word ons beskerm soos 'n skild 'n soldaat teen pyle of koeëls beskerm. Omdat die vyand met leuens na ons toe kom, ons beledig en in versoeking stel, kan ons hierdie pyle van hom afweer met ons skild van geloof. 



Helm van Verlossing

Vir die soldaat was die helm altyd die laaste ding wat hy aangetrek het. Die helm is die noodsaaklikste deel van die wapenrusting, want dit beskerm die kop. Wanneer ons die helm van verlossing dra, beskerm dit ons teen die leuens en planne van Satan. Die vyand wil ons laat twyfel en laat wonder of God lief is vir ons en of ons enigsins gered is. Hierdie helm beskerm ons gedagtes teen sulke aanvalle. As mismoedigheid ons pad kom, kan ons hoop en vertroosting vind in die wete dat Jesus ons van die straf van sonde gered het en die hoop van die ewige lewe gegee het. 



Swaard van die Gees

Die swaard was deur die soldaat gebruik om homself mee te verdedig, maar ook as 'n aanvalswapen. Terwyl die soldaat al die ander dele van die wapenrusting aangehad het, sonder 'n swaard, sou hy net 'n liggaam gewees het wat met staal bedek was. Die swaard van die Gees is God se woord en is beide 'n beskermer vir ons en 'n vernietiger van Satan. Hebreërs 4:12-13 beskryf die Bybel as "lewend en kragtig, skerper as enige swaard met twee snykante." Ons kan ons swaard swaai deur God se woord te gebruik wanneer ons in 'n geestelike geveg is, omdat dit tot diep binne-in ons innerlike wese sny en God se waarheid bekendmaak. Jesus het God se woord gebruik toe Hy deur Satan in die wildernis versoek was en ons behoort dit ook te doen. Ons moet God se woord ken om dit te kan gebruik, sodat ons die oorwinning kan behaal. Swaarde raak mettertyd stomp, maar vir dié wat in Jesus glo, maak gereelde bestudering van God se woord dit weer skerp. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

What is Spiritual Warfare?

Wanneer ons kies om Christus te volg, is ons betrokke in geestelike oorlogvoering. Dit is onsigbaar en dikwels subtiel, maar net omdat ons dit nie kan sien nie, beteken nie dat dit nie bestaan nie. Ons geestelike vyand b...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid