Leesplan inligting

Wat is Geestelike Oorlogvoering?Voorbeeld

What is Spiritual Warfare?

DAG 4 VAN 5

Die Finale Deel van die Wapenrusting



Die ses dele van die wapenrusting wat ons bespreek het, het elkeen 'n spesifieke funksie. Wanneer aangewend, vervul hulle daardie funksie goed! Jy mag dalk dink dat dit voldoende is om 'n geveg in te gaan, maar daar is een laaste komponent wat by ons wapenrusting nodig is.



En doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees …

Efesiërs 6:18



Doen dit alles biddend Ons het onsself bewapen met die nodige toerusting vir geestelike oorlogvoering. Nietemin, daardie toerusting sal ons nie baie ver bring, as ons nie gedurig bid om God se krag om ons na, gedurende en deur die geveg te dra nie. Al ons pogings is tevergeefs as ons dit uit ons eie krag doen. Wanneer ons regdeur die geveg bid, sal ons verhouding met God verdiep asook ons behoefte aan God. Dit is wat ons doen om tot die besef te kom van die krag wat God gereed staan om te gee.



Ons gebede moet deur 'n houding van oorgawe vergesel wees. Jakobus 4:7 sê vir ons so mooi wat ons eerste moet doen: onderwerp jou aan God. Deur jouself ten volle aan God te onderwerp, beteken om jou hele lewe aan Hom oor te gee. Met ons geestelike wapenrusting heeltemal in plek en gebede in ons harte, gee ons oor aan die Een wat die uiteindelike gesag het. Ons het krag ontvang om die duiwel teë te staan wanneer ons ons hele lewe aan God oorgee. En raai wat gebeur dan? Die duiwel vlug.



Tog, wat ons dikwels probeer, is om eers die duiwel teë te staan of te bestraf, terwyl ons onsself nog nie regtig aan God onderwerp het nie. Om die duiwel teë te staan is moeilik wanneer ons nie ons wil en weë en ons behoeftes oorgegee het aan dit waartoe God ons geroep het nie. Dit behoort ons nie te verras wanneer ons geestelike aanvalle ervaar as ons nie onsself eers aan God onderwerp het nie. Onderwerping aan God is nie net die eerste tree nie, maar onderwerping aan God is eintlik die enigste manier hoe ons terselfdertyd teen die Satan weerstand kan bied.



Bid dus vir jouself, jou vriende en die kerk om te verenig en sterk te staan in die geveg. Gebed gee krag aan die wat swak is en hoop aan die wat moedeloos is. Gebed herinner ons, dat ons menslike krag onvoldoende is en dat ons 'n houding van oorgawe moet hê om in gevegte vorentoe te kan beweeg. Gebed is 'n wonderlike geneesmiddel teen Satan se sluwe taktiek.



As 'n volgeling van Christus, sal die dae wat voorlê vir jou gevul wees met hoop, vreugde en vrede, maar dit beteken nie dat die geestelike gevegte opgehou het nie. Hulle het nie. Daar is meer vrede en hoop wanneer ons deurlopend tot ons groot God bid. Voeg dit saam met vertroue op God se waarheid, dan kan ons dit gebruik in die situasies wat ons die minste verstaan.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

What is Spiritual Warfare?

Wanneer ons kies om Christus te volg, is ons betrokke in geestelike oorlogvoering. Dit is onsigbaar en dikwels subtiel, maar net omdat ons dit nie kan sien nie, beteken nie dat dit nie bestaan nie. Ons geestelike vyand b...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid