Leesplan inligting

Gewaagde GebedeVoorbeeld

Dangerous Prayers

DAG 7 VAN 7

Steur My



Waaroor ons bid is belangrik. Dit is nie net belangrik nie, maar dit is ook onthullend. 



Die inhoud van ons gebede sê meer oor ons verhouding met God as wat die meeste mense besef. Waaroor ons bid, weerspieël wat ons oor God glo. As ons gebede meestal oor "onsself" of "wat vir ons belangrik is" gaan, dan weerspieël die inhoud van ons gebede dat ons diep in ons harte glo dat God hoofsaaklik ter wille van ons bestaan.



Neem dus 'n paar oomblikke om jou gebede te ondersoek. Dink na oor alles waaroor jy onlangs gebid het — nie jou hele lewe nie, net die afgelope sewe dae. Oorweeg om al jou versoeke aan God, oor die afgelope week, op 'n stuk papier of op jou foon te skryf. Oordink dit vir 'n paar oomblikke. Onthou jy? Waaroor het jy gebid? Wat het jy vir God gevra om te doen? 



Antwoord nou eerlik. Indien God elkeen van jou gebede oor die afgelope sewe dae beantwoord het, hoe sou dit die wêreld verander het? 



As jou gebede die normale, veiliges was, het jy dalk al 'n aangename dag gehad, veilig iewers aangekom het, of 'n geseënde dubbeldekker kaasburger met skyfies en 'n suikervrye koeldrank geniet het.



Indien ek my gebede ondersoek het, sou my resultate vir jare lank maar droewig gewees het. Indien God alles gedoen het waarvoor ek Hom deur die week gevra het, sou die wêreld maar min verander het. Eerlikwaar, daar was weke wat ek vir niks gebid het nie. Ander weke het ek dalk gebid, maar die gebede was net oor myself en dit verander bitter min, as jy na die breër prentjie kyk.



My gebede was eenvoudig net te veilig.



Ek het toegang tot die Skepper en Onderhouer van die heelal gehad. Die groot "Ek Is". Die Alfa en die Omega. Die Begin en die Einde. Die almagtige, alomteenwoordige, alwetende God, wat vuur uit die hemel kan stuur, die bekke van honger leeus kan sluit, of 'n woeste storm kan stilmaak. Al wat ek Hom egter gevra het, was om my veilig te bewaar en om die dag te kan geniet.



Vir jare wou ek nie onderbreek word nie. Vandat ek egter meer gewaagde gebede begin bid het, het ek ontdek dat God se sagte aanmoedigings my selfgesentreerde planne gereeld sou onderbreek en my na sy ewige wil sou lei.



My geloof is sterker.



My lewe is ryker.



My hart is voller.



Dink na oor wat anders kan wees as jy met groter deursigtigheid bid. As jy meer risiko's neem. As jy meer oop is vir wat God in jou mag doen, in plaas daarvan om net te hoop dat Hy iets vir jou sal doen. Wat sal gebeur as jy moediger gebede bid? Groter droom? Jesus roekeloos volg met gewaagde, selfverloënende geloof?



Dit is tyd om die manier waarop jy bid te verander. Dit is tyd om veilige, gemaklike, voorspelbare en maklik-om-te-bid gebede te laat vaar. Nou is dit tyd om jouself met dapperheid en waagmoed oop te stel vir 'n ander weg na 'n beter bestemming. Dit is nou tyd om gewaagde gebede te begin bid. Dis tyd om gesteur te word.



As jy werklik 'n verskil op aarde wil maak, het jy krag uit die hemel nodig. As jy wil hê jou lewe moet saakmaak, het die tyd aangebreek om gewigtige, dapper, gewaagde gebede te bid. 



Soek God en droom groot. Weier om mislukking te vrees. Dis tyd om ondernemend te wees. Om te vertrou. Om durf aan die dag te lê. Om te glo. Jou lewe sal nie altyd veilig voel nie. Dis verg geloof, want sonder geloof is dit onmoontlik om God tevrede te stel.



Waarvoor wag jy?


Vind meer uit oor Craig Groeschel se nuwe boek Dangerous Prayers. 


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Dangerous Prayers

Is jy moeg daarvan om versigtig met jou geloof om te gaan? Is jy gereed om jou vrese in die gesig te staar, jou geloof te bou en jou potensiaal vrye teuels te gee? Hierdie 7-dag leesplan van Life.Church, is gebaseer op p...

More

Baie dankie aan pastoor Craig Groeshcel en Life.Church vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid