Leesplan inligting

Daar Staan GeskryweVoorbeeld

It Is Written

DAG 1 VAN 31

Voorwoord


deur Robert Morris


Die Bybel is die geïnspireerde Woord van God. Dit is deur God geïnspireer. Dis 'n wapen. Dis voedsel. Dis lewe. Ek dink egter dat dit vir baie mense 'n uitdaging kan wees om die Bybel te lees. Hoe kry ek die tyd? Wat moet ek lees? Wat beteken dit alles?


Weet jy dat daar 1 189 hoofstukke in die Bybel is? Dit beteken, as jy drie of vier hoofstukke per dag sou lees, jy die hele Bybel in een jaar kan deurlees. As jy elke dag tien hoofstukke lees, kan jy die Bybel in minder as 120 dae klaar lees. En as jy elke dag 50 tot 100 hoofstukke lees, kan jy die Bybel in 24 of 12 dae onderskeidelik lees. Dis nou vir jou 'n klomp hoofstukke en mag oorweldigend wees. Jy moet net 'n plan hê, en hierdie oordenking is die perfekte een om mee te begin.


Terwyl ons deur "Daar staan geskrywe" lees, gaan ons in sommige van die dinge wat die Woord van God is delf — asem, brood, water, 'n swaard en 'n lamp, om maar net 'n paar te noem — en ons gaan sien hoe daardie dinge 'n verskil in ons lewens maak. Elke dag begin met 'n Skrifgedeelte, gevolg deur 'n oordenking wat op die Woord fokus en eindig met 'n gebed en maniere hoe om daardie dag se onderwerp verder te bestudeer.


Indien jy oor die volgende 31 dae "Daar staan geskrywe" 'n deel van jou daaglikse lewe maak, glo ek dat iets bonatuurlik in jou sal begin plaasvind. Jy sal 'n sterker passie vir die Woord van God ontwikkel en jy sal besef watter krag dit in jou lewe het. Jy sal ook 'n beter begrip ontwikkel van wat God vir jou deur die Skrif sê. Die belangrikste is dat jy nader aan Hom sal kom.


Die antwoord vir waardeur jy nou ook al gaan, is in die Woord. God is bewus van jou stryd en Hy ken jou hart. Alhoewel die Bybel deur ongeveer 40 mense geskryf is, is Hy die outeur. Hy het sy eie outobiografie geskryf en ons het 'n afskrif daarvan! Ek moedig jou aan om vir 'n maand lank hierdie oordenking 'n deel van jou daaglikse lewe te maak. Ek verseker jou dat die Woord van God jou lewe sal verander.


 


Dag 1 — Daaglikse brood


deur Robert Morris


Het jy al ooit 'n ete oorgeslaan? Dalk was jou dag net te besig of het jy eenvoudig net vergeet om te gaan eet. Dit het 'n invloed op jou, nie waar nie? Hoe langer jy sonder kos bly, begin jy swak, geïrriteerd en moeg voel, want jy het kos nodig vir jou liggaam om behoorlik te kan funksioneer. Iets soortgelyks vind deurentyd in jou gees plaas. Kom ons kyk van naderby na Matteus 6 en dan sal jy sien wat ek bedoel.


In Matteus 6:11, in die middel van die Ons Vader, leer Jesus ons om vir ons daaglikse brood te bid. Hy sê: "Gee ons vandag ons daaglikse brood." Verwys Hy na kos? Ja, maar ek dink Hy praat oor meer as net die natuurlike, fisieke voorsiening. Regdeur die Ou en Nuwe Testament, verwys baie verse na die Woord van God as brood. Met dit in gedagte, is dit nie dalk moontlik dat Jesus vir ons sê om elke dag vir 'n woord van God — ons daaglikse brood — te bid nie?


Ek glo heelhartig dat God elke dag vir jou 'n woord het en dat daardie woord jou die hele dag lank sal versterk en voed. Tog is daar 'n klomp Christene wat swak en moeg is omdat hulle nie hulle daaglikse brood uit sy Woord kry nie. Hulle lewe weke en maande lank sonder om te eet wat geredelik vir hulle beskikbaar is. God sorg vir ons soos 'n skaapwagter vir sy skape sorg en Hy gee vir ons die voeding wat ons nodig het — maar dis ons plig om dit te "eet".


Wanneer jy elke dag die Bybel begin lees, sal God daardeur met jou praat. Hy sal jou bemoedig en voorberei vir situasies wat jy elke dag gaan teëkom. Soms kan 'n woord wat jy in jou daaglikse leesplan kry ook vir iemand anders voeding gee. Ek kan nie onthou hoeveel kere ek al met iemand gepraat het en wanneer hulle begin om te vertel waardeur hulle gaan, onthou ek wat ek daardie oggend gelees het nie. Dan kan ek daardie woord gebruik om hulle met woorde van lewe te bemoedig. Jy weet nie wanneer God jou 'n woord gaan gee wat jou lewe of die lewe van iemand ander om jou gaan verander nie.


Wat is God se woord vandag vir jou


Gebed


Vader, dankie dat u Woord brood is wat my voed en onderhou. Ek het die daaglikse voeding nodig wat dit gee. Praat asseblief vandag met my. Ek het 'n woord van U nodig. In die Naam van Jesus. Amen.


Geheuevers


"Maar Hy antwoord: 'Daar staan geskrywe: 'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom'" Matteus 4:4.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

It Is Written

Hierdie 31-dag oordenking, wat saamgestel is uit die onderrig van pastore Robert Morris en Marcus Breechen van Gateway Church, fokus op die belangrikheid om die Woord van God in jou alledaagse lewe te hê. Elke dag onthul...

More

Ons wil graag dankie sê vir Gateway Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://gatewaypeople.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid