Leesplan inligting

Daar Staan GeskryweVoorbeeld

It Is Written

DAG 2 VAN 31

Weerstaan Versoeking


deur Robert Morris



Gister het ons geleer dat die Bybel ons daaglikse brood is, maar vandag gaan ons uitvind hoe dit ons kan staande hou. In Matteus 4 lees ons dat Jesus vir 40 dae in die woestyn gevas en gebid het. Toe Hy begin bid, kom die Satan na Hom toe en sê: "As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word." Weet jy wat klink baie goed as jy vas? 'n Paar snye varsgebakte brood. In plaas daarvan om voor die versoeking te swig om klippe in brood te verander, het Jesus geantwoord: "Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom" (Matteus 4:4). Jesus het die Woord van God vir die Satan voorgehou en hy het dadelik op die vlug geslaan.



Die manier waarop ons oorwinning oor sonde en versoeking kry, is deur die bloed van die Lam — dit wat Jesus alreeds vir ons gedoen het toe Hy aan die kruis gesterf het — en die woord van ons getuienis. Weet jy wat die woord van ons getuienis is? Dis die Bybel, of soos ons in gister se oordenking geleer het, ons daaglikse brood. Hoe meer ons toelaat dat die Woord van God ons onderhou en voed, hoe meer sal ons toegerus wees om versoeking te weerstaan. As ons sy Woord ken, sal ons kan sê: "Daar staan geskrywe …" wanneer ons in versoeking kom, want dit maak nie saak wat ons versoeking is nie, die Woord van God sal ons staande hou.



Job sê, in Job 23:12, dat hy meer waarde aan die woorde van God heg as aan sy eie begeertes. (sommige Engelse Bybelweergawes praat van "noodsaaklike kos") Hoeveel van ons kan dit van ons eie lewe sê? Daar is eerlikwaar niks belangriker as die brood wat God vir ons in die vorm van sy Woord gee nie. Die beste ding wat ons kan doen, is om ons gees met die Woord van God te voed.



Gebed


Vader, dankie dat U my help om versoeking deur middel van u Woord te weerstaan. Help my om my gees met u Woord te vul, sodat wanneer die vyand my aanval, ek hom kan weerstaan. Ek bid dat U vir my 'n honger na u Woord sal gee, wat net versadig kan word as ek tyd in u Woord deurbring. In die Naam van Jesus. Amen.



Geheuevers


"Maar Hy antwoord: 'Daar staan geskrywe: 'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom'" Matteus 4:4.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

It Is Written

Hierdie 31-dag oordenking, wat saamgestel is uit die onderrig van pastore Robert Morris en Marcus Breechen van Gateway Church, fokus op die belangrikheid om die Woord van God in jou alledaagse lewe te hê. Elke dag onthul...

More

Ons wil graag dankie sê vir Gateway Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://gatewaypeople.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid