Leesplan inligting

Daar Staan GeskryweVoorbeeld

It Is Written

DAG 6 VAN 31

Jesus Wil Ons Vul


deur Robert Morris



Eendag, toe Jesus se dissipels na die stad gegaan het om kos te koop, het Jesus 'n Samaritaanse vrou by 'n put teëgekom en vir haar gevra om Hom water te gee om te drink. Sy versoek het die vrou verwar. Johannes 4 vertel die verhaal van hulle gesprek. In vers 9 vra sy: "Hoe vra jy, wat 'n Jood is, vir my, 'n Samaritaanse vrou, water om te drink? Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie." In vers 10 antwoord Jesus haar: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My 'n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.” Sy sê toe vir Hom: “Meneer, jy het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep. Waar gaan jy die lewende water vandaan kry?"



Let op dat hier twee gesprekke aan die gang is: die natuurlike een en die geestelike een. "Jy is tog nie tot meer in staat as ons voorvader Jakob wat hierdie put vir ons gegee het en self saam met sy seuns en sy diere daaruit gedrink het nie?” vra sy toe. Jesus antwoord: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” Die Nuwe Lewende Vertaling praat van 'n "fontein waarvan die water altyd sal bly opborrel." Waaraan dink jy as jy hierdie woorde hoor? Ek dink aan helder, koel water. 'n Vloed laat 'n mens egter aan vuil, troebel water dink.



Oor die afgelope paar dae het ons geleer dat die Woord van God 'n fontein van lewende water is. Wanneer Jesus dus oor 'n fontein praat "waarvan die water sal bly opborrel", praat Hy van die Woord van God. Openbaring 22:1 sê dat 'n kristalhelder rivier vanaf die troon van God vloei. Vers 17 sê: "En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!"



Dors jy na die water van die lewe? Wil jy graag elke dag 'n vars, borrelende fontein van ewige lewe in jou hê? Dalk het jou gees verdor. Dalk het die duiwel jou oorweldig met giftige leuens en jou gees verdroog deur die Woord van God te steel. Daar is goeie nuus: God wil nou dadelik jou dors les; Hy wil jou vul en met jou praat. Jy moet net oor sy Woord nadink.



Gebed


Vader, ek dors na u Woord. Gee my 'n vars, borrelende fontein van die water van die lewe terwyl ek u Woord lees. Die Satan het my met 'n stortvloed leuens en versoekings oorweldig en ek het u Woord nodig om my te vul. In die Naam van Jesus. Amen.



Geheuevers


"Ek het u woord in my hart gebêre sodat ek nie teen U sou sondig nie"
Psalm 119:11.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

It Is Written

Hierdie 31-dag oordenking, wat saamgestel is uit die onderrig van pastore Robert Morris en Marcus Breechen van Gateway Church, fokus op die belangrikheid om die Woord van God in jou alledaagse lewe te hê. Elke dag onthul...

More

Ons wil graag dankie sê vir Gateway Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://gatewaypeople.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid