Leesplan inligting

Daar Staan GeskryweVoorbeeld

It Is Written

DAG 8 VAN 31

Asem In


deur Robert Morris



Tot dusver het ons brood en water as beeldspraak vir die Woord van God gebruik. Vandag gaan ons sien hoe die Bybel die asem van God is. Ek wil jou iets vra. Hoe lank kan jy sonder brood klaarkom? Die meeste mense sal sê enigiets van 40 tot 80 dae. Hoe lank kan jy sonder water klaarkom? Die meeste mense sê die menslike liggaam kan tussen vier en twaalf dae sonder water klaarkom. Wat van lug? Hoe lank kan jy jou asem ophou?



Toe ek 'n kind was, het ek baie van water gehou. Ons het na die dam toe gegaan om te waterski en as ons in die middel van die dam was, het ek graag wal toe geswem. Destyds was daar blykbaar nie baie veiligheidsbewustheid nie, want my ouers het my toegelaat om dit te doen. Ek het altyd veilig aan wal gekom. Daar was 'n stadium toe ek my asem vir drie minute lank kon ophou. Noudat ek ouer en uit oefening is, kan ek dit nie meer doen nie. Ons kan dus letterlik nie vir meer as 'n paar minute sonder asem bly leef nie. Ek dink egter dat baie van ons in 'n geestelike suurstoflose atmosfeer leef omdat ons nie die asem van God inasem nie. Wanneer dit gebeur raak ons gou uitasem van 'n klein bietjie inspanning.



Kom ons kyk na 2 Timoteus 3:16 wat sê: "Die hele Skrif is deur God geïnspireer." Die oorsprong van die Griekse woord vir inspirasie, beteken "asem". Kom ek stel dié Skrif op 'n ander manier: alle Skrif is die asem van God. Kom ons kyk na Esegiël 37 (ABA) om verder oor hierdie idee uit te brei.



In hierdie verhaal neem die Here vir Esegiël na 'n vallei gevul met droë bene, en gee hom opdrag om oor die bene te profeteer. Vers 5: "Die Here sê vir hierdie bene: Ek sal asem in julle laat kom en julle sal lewe." Skielik was daar 'n aardbewing en toe kom al die bene na mekaar toe. Toe het daar spiere aan die bene gekom, vleis het die bene toegemaak, en daar het 'n vel oor die bene gekom. Maar daar was nie asem in hulle nie. Ek wonder hoeveel mense voel deesdae dat hulle lewendig is maar nie asem het nie. Toe sê die Here vir Esegiël om te profeteer en sê: "Wind, jy moet kom ... en jy moet in hierdie dooie mense blaas sodat hulle kan lewe.” Toe kom daar asem in die bene. Hulle het begin lewe en hulle het regop gestaan. Dit was 'n groot menigte.



As God se asem — sy woord — kon veroorsaak dat 'n laagte vol droë bene 'n groot menigte word, dink net watter krag dit in jou lewe kan hê! Asem vandag in en kyk waartoe God in staat is.



Gebed


Vader, ek erken dat ek nie sonder u asem kan leef nie. Vul my lewe met krag wanneer ek u Woord lees, net soos U u asem in die droë bene in die vallei geblaas het en dit 'n groot menigte geword het. In die Naam van Jesus. Amen.



Geheuevers


"Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry en verkeerdhede reg te stel" 2 Timoteus 3:16.


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

It Is Written

Hierdie 31-dag oordenking, wat saamgestel is uit die onderrig van pastore Robert Morris en Marcus Breechen van Gateway Church, fokus op die belangrikheid om die Woord van God in jou alledaagse lewe te hê. Elke dag onthul...

More

Ons wil graag dankie sê vir Gateway Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://gatewaypeople.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid