Leesplan inligting

Daar Staan GeskryweVoorbeeld

It Is Written

DAG 5 VAN 31

Die Waarde van die Woord


deur Robert Morris



Gister het ons gepraat oor hoe die Satan ons met sy woorde en leuens oorweldig. Terwyl hy dit doen, wil hy ons aandag ook van die Woord van God af lei en ons verhoed om dit te lees, want hy weet dat dit die enigste ding is wat mag oor hom het. In Amos 8:11 waarsku God ons oor 'n hongersnood: "Maar daar kom dae, sê die Here my God, dat Ek 'n honger oor die aarde laat kom: 'n honger nie na kos nie, 'n dors nie na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor." Hy praat nie oor 'n skaarsste aan kos nie — dit sou 'n gebrek aan brood of water wees. Hy praat oor 'n onvermoë om "die woorde van die Here te hoor", wat 'n geestelike hongersnood is. Jy moet regtig aandag gee hieraan. Hy sê nie daar was 'n hongersnood van die woorde van God nie; Hy sê daar was 'n hongersnood om die woorde van God te hoor. Met ander woorde, ons het die Woord van God, maar daar is 'n gebrek om dit te hoor, daarna te luister, dit te lees, daaroor na te dink en om dit te memoriseer.



Het jy al ooit 'n hoofstuk in die Bybel gelees en halfpad besef dat jy heeltyd aan iets ander gedink het en geen idee het wat jy nou net gelees het nie? Dis omdat die Satan besig is om die Woord van God van jou te steel. Hy wil nie hê dat ons langs die water van die lewe geplant moet wees en vrug dra nie. As hy ons nie van die Woord van God kan weghou nie, gaan hy probeer om dit van ons te steel.



Kom ons kyk na 1 Samuel 3:1 wat sê: "Die seun Samuel het die Here gedien onder toesig van Eli. Die woord van die Here is in daardie tyd min gehoor." Baie keer as ons die vers lees, dink ons verkeerd daaroor. Ons dink verkeerdelik dat indien die Woord van die Here skaars was, daar geen openbarings was nie, of met ander woorde, dat God nie in daardie dae baie gepraat het nie. Maar ons weet die hongersnood was in die aanhoor van die Woord van God. God het gepraat en praat nog steeds. Ons weet dit as ons na die woord "rare" kyk. Dis 'n Hebreeuse woord wat waardevol beteken. Samuel het die Woord van die Here kosbaar en van waarde geag, daarom het hy dit gehoor. Die mense van daardie tyd het dit egter nie waardevol geag nie en dit dus nie gehoor nie. Die Woord van God was vir hulle beskikbaar, net soos vir Samuel, maar hulle het nie geluister nie.



Is die Woord van die Here vir jou kosbaar? Is dit waardevol? Is dit 'n skat? In Psalm 119:1 NLV lees ons: "Ek het u woord in my hart gebêre sodat ek nie teen U sou sondig nie." Ons moet die Woord van God van waarde ag en dit in ons hart bêre, want die Satan probeer om ons te laat honger ly. God praat met ons en hoe meer ons sy Woord as waardevol beskou, hoe meer sal ons dit hoor en verstaan.



Gebed


Vader, dankie dat U vandag nog steeds met ons praat. Help my om u woord te hoor en beskerm my teen die vyand as hy probeer om my geestelik te laat honger ly. Ek wil graag 'n openbaring van u Woord in my lewe kry. In die Naam van Jesus. Amen.



Geheuevers


"Ek het u woord in my hart gebêre sodat ek nie teen U sou sondig nie" Psalm 119:11 NLV.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

It Is Written

Hierdie 31-dag oordenking, wat saamgestel is uit die onderrig van pastore Robert Morris en Marcus Breechen van Gateway Church, fokus op die belangrikheid om die Woord van God in jou alledaagse lewe te hê. Elke dag onthul...

More

Ons wil graag dankie sê vir Gateway Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://gatewaypeople.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid