Leesplan inligting

Daar Staan GeskryweVoorbeeld

It Is Written

DAG 7 VAN 31

Gereinig deur die Woord


deur Robert Morris



Was jy jouself elke dag? Dis nie bedoel om 'n letterlike vraag te wees nie — al hoop ek jou antwoord is "ja" — maar dis eerder 'n geestelike vraag. Kom ek verduidelik deur 'n storie te vertel. Ek praat eendag met 'n pastoorvriend van my en hy bring Efesiërs 5:26 onder my aandag, waar daar melding gemaak word van die reiniging met water van die Woord van God. Hy sê toe: "Ek verstaan nie daardie Skrif nie, want ek het gedog ons word deur die bloed gereinig; hier word van reiniging deur water van die Woord gepraat." Ek antwoord hom toe: "Wel, jy moet verstaan dat dit nie sê dat ons deur die Woord geregverdig word nie; dit sê ons word daardeur geheilig. Dis die verskil." Jy sien, ons word in ons gees geregverdig en in ons siele geheilig. Dit beteken, as jy gered is het jy 'n plek in die hemel saam met Jesus Christus. Jou gees is volkome gereinig en jou sonde is vergewe deur die bloed van Jesus.



Jou siel word egter nog daagliks gered. In Grieks beteken dit "om volkome gemaak te word." Jou siel moet dus deur die Woord gereinig word. Jou siel bestaan uit drie dele: jou denke, jou wil en jou emosies en hulle is in 'n geveg met die Satan betrokke, wat probeer om jou gedagtes, begeertes en gevoelens met leuens te vul. Die rede hoekom soveel Christene hierdie stryd verloor, is omdat hulle nie deur die Woord gereinig word nie. Byvoorbeeld: sommige Christene voel veroordeeld omdat hulle nie hulself met Romeine 8:1 gereinig het nie. "Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie." Sommige het nog steeds onrein en onsedelike gedagtes omdat hulle aan die wêreld gelyk word in plaas daarvan om toe te laat dat God hulle denke vernuwe (Romeine 12:2). Dis hoekom dit uiters belangrik is om daagliks deur die Woord van God gereinig te word. Ons moet onsself elke dag was!



Hier volg maniere hoe jy jou denke kan vernuwe en sonder veroordeling leef:
Lees elke dag 'n hoofstuk in die Bybel. Dalk voel jy dat die Here vir jou sê om twee of drie te lees.
Dink elke dag na oor een vers. Skryf dit neer en lees dit gereeld regdeur die dag. Teen die einde van die dag het jy 'n volle dag gebruik om oor die Woord na te dink en het jy heel moontlik daardie Skrif gememoriseer. Dink net waar jy oor 'n jaar sal wees as jy een hoofstuk lees en oor een vers nadink. Jy sal vernuwe wees!



Gebed


Vader, dankie dat my gees gereinig is en dat my siel deur die Woord gereinig kan word. Vernuwe my denke deur u woord terwyl ek my daarop toelê om daaroor na te dink. In die Naam van Jesus. Amen.



Geheuevers


"Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry en verkeerdhede reg te stel" 2 Timoteus 3:16.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

It Is Written

Hierdie 31-dag oordenking, wat saamgestel is uit die onderrig van pastore Robert Morris en Marcus Breechen van Gateway Church, fokus op die belangrikheid om die Woord van God in jou alledaagse lewe te hê. Elke dag onthul...

More

Ons wil graag dankie sê vir Gateway Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://gatewaypeople.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid