Leesplan inligting

Daar Staan GeskryweVoorbeeld

It Is Written

DAG 4 VAN 31

Bly Staande


deur Robert Morris



Jy is elke dag van jou lewe in 'n geveg betrokke. Dis 'n geestelike geveg en dit verbaas jou dalk om te weet dat dit 'n oorlog van woorde is; die Satan se woorde teenoor die Woord van God. Die Bybel beskryf dikwels woorde as water en dit verwys na die aanslag van die vyand as 'n vloed. Ons lees in vandag se vers dat die slang (die Satan) 'n stroom water soos 'n rivier uit sy bek agter die vrou aan uitgespoeg het. Met ander woorde, die duiwel het woorde uit sy bek gespoeg agter die vrou (die kerk) aan, sodat sy meegesleur kon word.



Wanneer die duiwel teen ons te staan kom, gebruik hy woorde wat nie met die Woord van God ooreenstem nie. Dis wat hy met Adam en Eva in die tuin van Eden gedoen het. Party van sy woorde was in teenstelling met die Woord van God en toe Eva dit geglo het, het sy gesondig. Sy eerste prioriteit is nie om jou te laat sondig nie, al is dit sy doel. Sy eerste prioriteit is om jou 'n leuen te laat glo en dan kan hy jou laat sondig. Dis redelik maklik vir hom om dit te doen … tensy ons oor die Woord van God nadink.



Matteus 7:24 sê vir ons: "Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met 'n verstandige man wat sy huis op rots gebou het." Onthou dat 1 Korintiërs 10:4 vir ons sê dat Jesus die Rots is. Matteus gaan voort: "Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots."



In Psalm 69:2 sê Dawid: "Ek het in diep waters beland waarin die stroom my meegesleur het." Hy praat van geestelike water — die woorde van die vyand.



Het 'n stortvloed van woorde jou al ooit getref? Die Satan probeer om jou op alle terreine van jou lewe mee te sleur. Dis oorweldigend, nie waar nie? "Jy gaan dit nie maak nie." "Jy is nie goed genoeg nie." "Jy moet jouself eerder om die lewe bring." Daar is egter 'n ander probleem. Die Satan se stem is nie die enigste een wat jy gaan hoor nie. Jy het ook 'n mond. Het jou mond jou al ooit in die moeilikheid laat beland? Het jy al ooit saamgestem met wat die Satan oor jou te sê gehad het? Spreuke 6:2 praat daarvan: "... verstrik geraak het deur wat jy gesê het en vasgevang is deur jou eie woorde ..."



Wil jy weet hoe jy die woorde van die vyand kan verslaan en staande kan bly tydens die vloed? Die enigste manier hoe dit moontlik is, is deur die Woord van God. Jesus was drie keer versoek en elke keer het Hy die versoeking oorkom deur die Skrif aan te haal (Matteus 4). Dis hoekom dit so belangrik is om sy Woord in ons harte te bêre (Psalm 119:11). Die volgende keer wanneer die vyand na jou toe kom, sal dit sy woord teenoor die Woord van God wees en ons weet alreeds wie die wenner is.



Gebed


Vader, dankie dat u Woord die enigste ding is wat my laat staande bly wanneer die vyand met 'n stortvloed van woorde na my toe kom. Selfs as my eie woorde my oorweldig, help my om op die rots te bly staan en die versoeking met u Woord te oorkom. In die Naam van Jesus. Amen.



Geheuevers


"Ek het u woord in my hart gebêre sodat ek nie teen U sou sondig nie" Psalm 199:11 NLV.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

It Is Written

Hierdie 31-dag oordenking, wat saamgestel is uit die onderrig van pastore Robert Morris en Marcus Breechen van Gateway Church, fokus op die belangrikheid om die Woord van God in jou alledaagse lewe te hê. Elke dag onthul...

More

Ons wil graag dankie sê vir Gateway Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://gatewaypeople.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid