Leesplan inligting

God, Waar Is U?! (Saam Met John Bevere)Voorbeeld

God, Where Are You?! With John Bevere

DAG 6 VAN 7

Fontein, Ontspring!



Ek onthou verskeie kere gedurende droë seisoene toe ek probeer bid het, maar dit moeilik gevind het om ’n verfrissende slukkie van lewende water te kry. Tydens een so ’n geleentheid het ek gaan kamp om tyd deur te bring in gebed en vas. Daardie nag het ek ongeveer drie ure in gebed, Bybellees en lofgesange bestee, maar dit het steeds gevoel asof ek niks bereik nie — ek was so droog as wat kon kom. Baie teleurgesteld het ek in my slaapsak gekruip en probeer slaap.



Gedurende die nag het dit gevoel asof al die duiwels los was — ek het baie sleg geslaap. Ek het rondgerol en gewonder waarom God Homself nie aan my openbaar nie. Die volgende oggend het ek deur die kampplek begin stap, in die Gees gebid, maar steeds baie droog gevoel. Dit het omtrent ’n uur en ’n half so aangegaan. 



Ek het uiteindelik opgekyk en gesê: “Here, ek veronderstel ek is in die wildernis.” In my gedagtes het ek gedink, ek kan net sowel huis toe gaan en ophou om Hom te soek. Hy het my in hierdie droë plek geplaas en dinge gaan nie verander totdat Hy my daaruit bring nie.



Ek het verkeerd gedink! God bring ons nie in hierdie tye om ons te frustreer en ons te kry om op te gee totdat Hy in sy soewereiniteit ons omstandighede verander nie! Die wildernis is nie bedoel as ’n plek van mislukking nie, maar as oorwinning! Ewe skielik hoor ek ’n stil klein stemmetjie vir my sê: “Veg!”



Daardie een klein woordjie was die vonk wat ek nodig gehad het. Onmiddellik het ek begin sê: “Wek die gawe van God in my op! Bring voort die strome van lewende water! Fontein, ontspring in my siel!” 



Soos ek aangehou het om die woorde te herhaal wat ek in die Skrif gekry het, het die gebed meer en meer intens geword. Ek het op en af gestap terwyl ek gebid en die Woord van die Here met groot ywer gespreek het. Alles het vars en nuut gevoel! Die Here se teenwoordigheid was sterk. Waar ek slegs ’n paar minute gelede swaarmoedig en moeg gevoel het, was ek nou gereed vir die stryd, gereed om die vyand met die Woord van God in die gesig te staar!



Reën is skaars in die woestyn. Water is nie maklik bekombaar nie en indien dit hoegenaamd gevind word, moet dit uit ’n put of fontein kom. Wanneer jy in ’n droë seisoen is, moenie uiterlik soek na verfrissing nie, maar delf innerlik — vanwaar jy strome van lewende water sal vind. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

God, Where Are You?! With John Bevere

Voel jy verlore in ’n moeilike tydperk van jou lewe en wonder “GOD, WAAR IS U?!” In hierdie insiggewende leesplan rus topverkoper outeur, John Bevere, ons toe met sleutel Bybelse insigte en diepgaande stories wat sal hel...

More

Baie dankie aan John & Lisa Bevere (Messenger Int’l) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://godwhereareyoubook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid