Leesplan inligting

God, Waar Is U?! (Saam Met John Bevere)Voorbeeld

God, Where Are You?! With John Bevere

DAG 1 VAN 7

Waar is U? 


* Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur "Watch on YouTube" te klik, dan op "YouTube Settings, Subtitles" en kies Afrikaans.


Het jy al ooit ’n tyd beleef waar dit gevoel het asof die Here so naby is dat al wat jy hoef te doen, is om sy Naam te fluister en Hy sou by jou wees en sou daar en dan antwoord?


Dan kom daar ook ’n tyd wanneer jy die een boodskap na die ander vir die Here los, maar dit blyk asof Hy totaal uit jou lewe verdwyn het. Moontlik is dit wat jy tans beleef en die vraag wat jy in die stilligheid wil uitroep, dieselfde uitroep van vele ander persone wie hul in ’n droë en moeilike plek bevind: “God, waar is U?!”


Ek het my eerste wildernis tydperk beleef as jong gelowige, terwyl ek in Dallas, Texas, woonagtig was gedurende die vroeë tagtigerjare. Met my naïewe toetrede tot hierdie dorre tyd, het dit gevoel of God my verlaat het. Voor daardie tyd het ek net nodig gehad om uit te roep en die Here het onmiddellik reageer. Ek het beleef hoe Hy die mees ongewone versoeke beantwoord het. Sy teenwoordigheid was so naby, werklik en kragtig. 


Ek kon net nie verstaan wat nou besig was om te gebeur nie. Ek was dag na dag op my knieë met die uitroep: “Here, wat is besig om te gebeur? Dit voel asof U duisende kilometers ver is!”


Gedurende hierdie tyd het ek voortdurend my lewe in oënskyn geneem en gevra: “Watter verskriklike sonde het ek gedoen?”


Wel, die waarheid was natuurlik dat ek, soos elke ander persoon op die planeet, periodiek in sonde verval het, maar ek was vinnig om dit te bely en om die vergifnis te vra wat Jesus aanbied. Volgens my kennis was daar geen aanhoudende, doelbewuste sonde in my lewe nie.


“Here, waarom praat U nie meer met my nie?” het ek dag na dag gevra. Ek het myself by ’n kritieke kruispad bevind: gaan ek moed opgee in my strewe om God te volg, aangesien ek verwerp en vergete voel, of gaan ek deur die weerstand druk met ’n passievolle strewe na die Liefling van my siel? 


Ek het laasgenoemde gekies en was nie teleurgesteld nie. Die wildernis is die plek waar ons sal ontdek waarna ons werklik hunker — God, of die dinge van die wêreld? Indien ons die Here toelaat, is die wildernis juis waar God ons stroop van alle onheilige begeertes en in ons ’n hart skep wat God bo alles begeer. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

God, Where Are You?! With John Bevere

Voel jy verlore in ’n moeilike tydperk van jou lewe en wonder “GOD, WAAR IS U?!” In hierdie insiggewende leesplan rus topverkoper outeur, John Bevere, ons toe met sleutel Bybelse insigte en diepgaande stories wat sal hel...

More

Baie dankie aan John & Lisa Bevere (Messenger Int’l) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://godwhereareyoubook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid