Leesplan inligting

God, Waar Is U?! (Saam Met John Bevere)Voorbeeld

God, Where Are You?! With John Bevere

DAG 2 VAN 7

Groeipyne


* Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur "Watch on YouTube" te klik, dan op "YouTube Settings, Subtitles" en kies Afrikaans.


Die Christelike lewe toon ooreenkomste met die groei van ’n kind. 


Ek het my eerste geestelike wildernis belewenis ingegaan as ’n geestelike baba. Op daardie stadium het ek die ideale, natuurlike voorbeeld gehad — my agtien maande oue seun, Addison. 


Lisa was ’n goeie moeder en sodra Addison gekerm het, was sy onmiddellik daar om hom te versorg. In ’n oogwink sou hy in haar arms wees en die vertroosting van borsvoeding geniet. 


Maar, soos enige kind, moes Addison groei tot volwassenheid. Met al ons seuns — ons het vier — het dit tyd geword om hulself te voer. Wat ’n gemors — ek is seker jy weet waarvan ek praat! Hulle probeer eet, maar die helfte van die kos is oral oor die babastoeltjie en op die vloer. 


Gedurende hierdie tyd raak kinders baie gefrustreerd met hul ouers, omdat hul nie met ’n lepel gevoer word soos voorheen nie. Hulle teem en huil terwyl jy probeer om ’n verantwoordelike ouer te wees. Wanneer ons seuns die kos begin rondgooi het, wou ons inspring en oorneem, maar tog het ons besef dat dit hul groei en vordering sou belemmer. Ons het ons seuns toegelaat om te groei. Ons wou beslis nie een van hulle as volwassene nog met ’n lepel voer nie. 


Soos babas groot word, verander die vlak van bystand wat hul benodig, ten einde groei en ontwikkeling aan te moedig. God doen dieselfde met ons, sodat ons tot geestelike volwassenheid kan groei. Wanneer ons wedergebore word en gevul word met die Heilige Gees, manifesteer Hy met elke uitroep. Maar met verloop van tyd — en hopelik beweeg ons verby die behoefte van slegs melk (Hebreërs 5:12) — ten einde ons te help groei tot volwassenheid, laat God toe dat ons deur tye gaan waarin Hy nie altyd onmiddellik reageer op elke versoek nie.


Toe die Here my gehelp het om te verstaan dat geestelike groei soortgelyk is aan die proses wat elke persoon moet beleef vanaf kindsbeen tot volwassenheid, het ek meer daaroor nagedink en gewonder: Was ek verkeerd? Is dit wat ek deurmaak nie een of ander straf van die Here nie? Is dit moontlik dat ek na die wildernis gelei is om iets te leer — om te groei op ’n wyse wat my beter toerus om die Here te volg en te dien?


Die waarheid is, ’n mens gaan nie net deur ’n wildernis tydperk nie; jy groei daardeur. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

God, Where Are You?! With John Bevere

Voel jy verlore in ’n moeilike tydperk van jou lewe en wonder “GOD, WAAR IS U?!” In hierdie insiggewende leesplan rus topverkoper outeur, John Bevere, ons toe met sleutel Bybelse insigte en diepgaande stories wat sal hel...

More

Baie dankie aan John & Lisa Bevere (Messenger Int’l) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://godwhereareyoubook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid