Leesplan inligting

God, Waar Is U?! (Saam Met John Bevere)Voorbeeld

God, Where Are You?! With John Bevere

DAG 4 VAN 7

Die Goue Standaard


’n Paar dekades gelede, toe ek as jong man die bediening betree het, het die Here my gedurende ’n tyd van gebed gewys dat Hy my lewe gaan begin suiwer. Ek het so opgewonde geword en vir Lisa gesê “die Here gaan my onsuiwerhede verwyder!” Ek het voortgegaan om haar te vertel van al die ongewenste dinge wat God sou verwyder. (Sy het dalk nog ’n paar dinge bygevoeg wat ek nie op die lys gehad het nie!)


Toe, vir die volgende drie maande gebeur niks. Inteendeel, dinge in my lewe het versleg en ek het selfs meer reiniging benodig. Ek het in gebed na die Here toe gegaan en gevra: “Waarom vererger my swak gewoontes in plaas van verbeter?” 


“Seun,” het die Here gereageer. “Ek het gesê dat Ek jou sou reinig. Jy het probeer om dit in jou eie krag te doen. Nou sal ek dit op My manier doen.” Ek het geen idee gehad dat ek op die punt gestaan het om my eerste wildernis reis te betree en dat dit agtien maande sou duur nie.


Verstaan asseblief, die Here is nie op soek na ’n uiterlike vorm van heiligheid nie. Hy verlang ’n innerlike verandering van jou hart — ’n rein hart lei tot rein gedrag. Die wildernis is een van die smeltkroese wat God gebruik om ons motiewe en bedoelings te reinig. 


Die proses waardeur die Here reinig, is soortgelyk aan die proses wat gebruik word om goud te suiwer. Goud het ’n pragtige geel kleur wat ’n sagte metaalgloed uitstraal. Alhoewel dit wyd in die natuur aangetref word, is dit altyd in klein hoeveelhede en selde in ’n suiwer vorm. Wanneer gesuiwer, is goud sag, soepel en vry van roes en ander stowwe. 


Wanneer goud gemeng word met ander metale (koper, yster of nikkel), word dit hard, minder soepel en meer vatbaar vir roes. Hierdie mengsel word ’n allooi genoem. Hoe hoër die persentasie van ander metale, hoe harder word die goud. Aan die ander kant, hoe laer die persentasie van ’n allooi, hoe sagter en meer buigsaam is dit. 


Onmiddellik sien ons die ooreenkoms: ’n rein hart voor God is soos suiwer goud. ’n Rein hart is sag en soepel. Die boek Maleagi wys hoe Jesus sy kerk sal suiwer van die invloede van die wêreld, net soos ’n smelter goud sal suiwer. 


In die verfyningsproses word goud gemaal tot ’n poeier en dan gemeng met ’n stof genaamd flaks. Die mengsel word in ’n vuuroond geplaas waar dit gesmelt word teen ’n intense hitte. Die allooi en onsuiwerhede word deur die flaks aangetrek en styg na die oppervlak terwyl die goud, wat swaarder is, bodem toe sak. Die onsuiwerhede of skuim (soos koper, yster en sink gemeng met die flaks) word dan verwyder.


Die vuur wat God gebruik vir verfyning is beproewings en verdrukking. Die hitte van hierdie uitdagings skei ons van die onsuiwerhede in ons lewens om in lyn te wees met God se karakter. So skep God in ons ’n rein vaartuig. Interessant genoeg is ’n verdere eienskap van goud in sy suiwerste vorm, deursigtigheid. Sodra jy gesuiwer is deur die vurige beproewings, word jy deursigtig. ’n Deursigtige vaartuig se fokus is nie om heerlikheid vir homself te bring nie, maar wel om dit wat hy in hom dra, te verheerlik. 


Wanneer ons verfyn is, kan die wêreld weer vir Jesus deur ons sien. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

God, Where Are You?! With John Bevere

Voel jy verlore in ’n moeilike tydperk van jou lewe en wonder “GOD, WAAR IS U?!” In hierdie insiggewende leesplan rus topverkoper outeur, John Bevere, ons toe met sleutel Bybelse insigte en diepgaande stories wat sal hel...

More

Baie dankie aan John & Lisa Bevere (Messenger Int’l) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://godwhereareyoubook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid