Leesplan inligting

Die Hoop van KersfeesVoorbeeld

The Hope Of Christmas

DAG 10 VAN 10

Die Goeie Nuus van Kersfees



Lees 1 Timoteus 2:5



Kersfees gaan oor goeie nuus. Dit is egter nie die goeie nuus van spesiale geskenke nie. Dis ook nie die goeie nuus van 'n groot ete nie. Dis geensins die goeie nuus van tyd saam met vriende en familie nie.



Kersfees handel oor die Goeie Nuus van God se liefde.



Die Bybel sê dat almal sonder God verlore is. Ons is rigtingloos. Ons is sonder beskerming. Ons potensiële ewige invloed op die wêreld sal nie realiseer nie. Ons is sonder innerlike geluk. Ons tuiste in die hemel is nie verseker nie.



Die Goeie Nuus van Kersfees is dat God vir Jesus gestuur het om die verlorenes te soek en te red. Die Bybel stel dit so: "Daar is mos net een God en daar is net een Mens wat ons kan help om by God uit te kom, en dit is Christus Jesus. Hy het die prys betaal wat nodig was sodat ons saak met God weer reg kon wees; ja, Hy het Homself daarvoor gegee" (1 Timoteus 2:5 en 6 DB).



As jy al ooit in 'n kerk was, het jy sekerlik die woorde "redding/verlossing" verskeie kere gehoor. Jy weet dalk nie wat dit beteken nie. Die woord is soos 'n diamant; jy kan dit van verskeie kante af bekyk.



• Jesus het gekom om ons te red. Ons kan nie al ons probleme self oplos nie. Sonder Jesus is ons vasgevang in die verwagtinge van ander mense. Ons is vasgevang in die aanvaarding van ons portuurgroep. Ons is vasgevang in verslawings. Ons het al baie kere probeer om te verander, maar ons het nie die krag wat nodig is om te ontsnap nie. Jesus het gekom om vir ons daardie krag te gee.



• Jesus het gekom om ons te herstel. Ons het almal gedeeltes in ons lewens wat herstel moet word. Ons wil ons sterkte, ons vertroue, ons reputasie, ons onskuld en ons verhouding met God herstel, maar ons probeer dit sonder Christus doen. Net Jesus kan dit doen.



• Jesus wil weer met ons kontak maak. Baie mense dink dat God met hulle sal raas as hulle na Hom toe terugkom. God is nie kwaad vir jou nie. Hy hou baie van jou. Jesus het daardie eerste Kersfees aarde toe gekom sodat Hy ons met God kan versoen en ons in harmonie met Hom kan laat leef.



Jesus het aarde toe gekom om Homself as geskenk aan ons te gee. So baie mense vier sy verjaardag sonder om die gratis geskenk van verlossing te aanvaar. Jaar na jaar bly die geskenk onoopgemaak. Dis nie baie slim nie! Jy is deur God, vir God geskape. Die lewe sal nie sin maak totdat jy dit verstaan nie.



Maak hierdie Kersfees die belangrikste geskenk oop wat jy nog ooit ontvang het: 'n nuwe verhouding met God deur Jesus.
Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

The Hope Of Christmas

Vir te veel mense het Kersfees 'n lang taaklysie geword wat hulle uitput en laat wens dat 26 Desember wil aanbreek. Met hierdie reeks boodskappe, wil pastoor Rick jou daaraan herinner hoekom jy Kersfees vier en hoekom di...

More

Hierdie oordenking is deur Rick Warren © 2014. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid