Leesplan inligting

Die Hoop van KersfeesVoorbeeld

The Hope Of Christmas

DAG 9 VAN 10

Wat dit beteken om verlore te wees



Lees Lukas 19:10 en Johannes 3:16



As jy nie die doel van Kersfees verstaan nie, kan jy maar dié jaar die kersliggies en -versierings uitlos. Jy hoef ook nie kersgeskenke te koop nie. Die kersete kan ook maar gekanselleer word.



As jy nie weet hoekom ons Kersfees vier nie, is al die feesvieringe nutteloos.



Om die doel van Kersfees te verstaan moet jy verder kyk as die krip, die wyse manne en die skaapwagters. Jesus het vir ons die rede gegee hoekom Hy aarde toe gekom het: "Ek, die Seun van die mens, het gekom om mense te soek wat op die verkeerde pad leef. Ek maak hulle lewens splinternuut" (Lukas 19:10 DB).



Dis heel eenvoudig; Jesus het gekom omdat mense verlore is sonder God. Om geestelik verlore te wees, beteken om van God geskei te wees. Sonder Jesus is almal in die wêreld verlore — dit maak nie saak hoeveel mag, rykdom of beroemdheid hulle het nie.



Ons verlorenheid het geweldige implikasies in ons lewens. Ons moet weet wat dit beteken om verlore te wees, as ons wil verstaan waarom Jesus aarde toe gekom het. Sonder God het ons verskeie goed verloor:



• Ons rigting — Ons sal nie weet waarnatoe ons moet gaan of wat ons veronderstel is om te doen nie.

• Sy beskerming — Ons sal alleen moet veg as ons nie deur die Here beskerm word nie. Dit is een rede hoekom so baie mense in spanning lewe. Hulle probeer om vir hulleself te sorg en hulle eie beskerming te reël, in plaas daarvan om God toe te laat om dit te doen.

• Ons potensiaal — Ons sal nie eens van die helfte van ons gawes en talente bewus wees as ons nie in 'n verhouding met God staan nie.

• Ons geluk — Ons kan al die geld en mag in die wêreld hê, maar sonder God sal ons nie ware geluk vind nie.

• Ons huis in die hemel — God laat toe dat ons teen Hom rebelleer terwyl ons nog op die aarde is, maar in die hemel is daar geen rebellie nie.



Nie een persoon wat verlore is het 'n greintjie waarde in God se oë verloor nie. Al het jy nie 'n persoonlike verhouding met Hom nie, is jy nog steeds waardevol vir Hom. Wanneer iets as verlore beskou te word, beteken dit dat dit waarde het. Die prys wat enigiemand sal betaal om iets terug te kry wat verlore is, is 'n aanduiding van hoe waardevol daardie item is.



Die goue vers in die Bybel stel dit so: “God het bewys hoe lief Hy die wêreld het. Hy het sy unieke Seun na die wêreld toe gestuur sodat elkeen wat in hierdie Seun glo, nie verlore sal gaan nie, maar vir altyd saam met God kan leef" (Johannes 3:16 DB).



Die goeie nuus is dat God ons so liefgehad het, dat Hy daardie eerste Kersfees sy Seun aarde toe gestuur het om ons te soek en te red. Dit is 'n goeie rede om fees te vier!
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

The Hope Of Christmas

Vir te veel mense het Kersfees 'n lang taaklysie geword wat hulle uitput en laat wens dat 26 Desember wil aanbreek. Met hierdie reeks boodskappe, wil pastoor Rick jou daaraan herinner hoekom jy Kersfees vier en hoekom di...

More

Hierdie oordenking is deur Rick Warren © 2014. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid