Leesplan inligting

Die Hoop van KersfeesVoorbeeld

The Hope Of Christmas

DAG 7 VAN 10

Leer ken jou Skepper



Lees 2 Korintiërs 6:12-13 en Johannes 1:1-4



Hierdie tyd van die jaar is daar belangrike take wat ons almal moet afhandel. Ons moet jaarverslae skryf. Ons moet maaltye beplan. Ons moet geskenke koop.



Hierdie Kersfees het jy egter iets baie belangrik om op te konsentreer: bou aan jou persoonlike verhouding met Jesus en sorg dat dit deurgaans groei.



Hoekom moet jy Jesus beter leer ken? Daar is ten minste twee belangrike redes.



Eerstens: Jesus het jou gemaak. Die Bybel sê: "Voor enigiets nog gemaak was, was Jesus al by God. Die Woord was by God en die Woord was God. Hy het alles in die skepping gemaak. Niks het op ’n ander manier ontstaan nie. Hy het alles gemaak. Omdat Jesus mense lewe gegee het, kon hulle die regte besluite neem, soos iemand wat ’n lig het om in die donker mee te loop" (Johannes 1:1-4 DB).



Jy het die voorreg om die Skepper van die heelal, en ook jou Skepper, te ontmoet. Mense sê gewoonlik: "As jy nie weet nie, lees die handleiding." Dit is egter beter om Jesus te ken. As jy nie weet hoe om ten volle te lewe nie, hoekom leer jy nie die Een ken wat jou geskape het nie?



Tweedens: Jesus help jou om 'n doelgerigte lewe vol vrede en krag te geniet. Jou verhouding met Jesus waarborg vir jou 'n plek in die hemel en nog baie meer. God belowe 'n doelgerigte lewe, vrede en krag, aan almal wat Hom ken.



Die manier waarop jy lewe, verander as jy Jesus persoonlik leer ken. Doelgerigtheid, krag en vrede, is maar net die begin van alles wat God vir jou in hierdie lewe wil gee.



Ongelukkig leef baie mense 'n onbeduidende lewe, omdat hulle hul lewens met betekenislose aktiwiteite vul.



Soos wat Kersfees nader kom, dink aan die herbergier wat nie daardie eerste Kersfees vir Jesus plek gemaak het nie. Sy onwilligheid het egter nie Jesus se geboorte verhoed nie. Sy dade het nie God se doel in die geskiedenis gekeer nie. Dit het net die herbergier self benadeel. Hy het die voorreg gemis om die geboorte van die Seun van God in sy herberg te laat plaasvind.



Dit geld ook vir jou. As jy nie tyd maak om Jesus te leer ken nie, gaan jy die geleentheid mis om jou Skepper te ken. Jy sal die geleentheid mis om doelgerig te lewe met vrede en krag, wat net in God se Seun te kry is. Jy mis sy doel vir jou lewe as jy nooit vir Hom plek maak nie.
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

The Hope Of Christmas

Vir te veel mense het Kersfees 'n lang taaklysie geword wat hulle uitput en laat wens dat 26 Desember wil aanbreek. Met hierdie reeks boodskappe, wil pastoor Rick jou daaraan herinner hoekom jy Kersfees vier en hoekom di...

More

Hierdie oordenking is deur Rick Warren © 2014. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid