Leesplan inligting

Die Hoop van KersfeesVoorbeeld

The Hope Of Christmas

DAG 8 VAN 10

Kies die Beter Lewe



Lees Openbaring 3:20 en PSALM 10:4



Toe ek klein was het my ma my gevoer met spaghetti in tamatiesous. Ek het gedink dit was die beste kos ooit! Toe ontdek ek Burger King. Ek het gevorder van die goeie lewe na die beter lewe. Spaghetti in tamatiesous is lekker, maar 'n sappige burger is nog lekkerder.



Jy dink miskien jy het 'n goeie lewe, maar as jy weet jy kan 'n beter een hê, sou jy dit nie wou weet nie?



Ongelukkig is daar iets wat ons daarvan weerhou om die beter lewe aan te gryp: 'n irrasionele gevoel van selfgenoegsaamheid. Ons dink ons vorder goed op ons eie stoom.



Psalm 10:4 (DB) verwoord dit so: "Mense wat die Here nie dien nie, loop altyd neus in die lug. Hulle dink te veel van hulleself. Party van hulle gaan nog verder en sê: 'Daar is in elk geval geen God nie'”.



Net soos die herbergier in die eerste Kersverhaal (Lukas 2), glo ons dat ons nie nog gaste nodig het nie. Ons dink ons het alles wat ons nodig het.



Daar is egter een probleem met hierdie verwaandheid: Jy weet nie hoekom God jou geskape het nie. God het jou geskape sodat jy 'n verhouding met Hom kan hê. Jy sal nooit die doel vir jou lewe vervul as jy nie by God se plan inskakel nie. Sy plan vir jou lewe is baie beter en meer beduidend as wat jy ooit kan dink of droom. Hy is jou bron van krag.



Die goeie nuus is dat dit nie te laat is nie. Jy kan nogtans 'n verhouding met Hom hê, ten spyte van alles wat in jou verlede gebeur het of hoeveel keer jy Hom al voorheen verwerp het.



God het dit so maklik gemaak dat enigiemand dit kan verstaan. Net drie woorde is nodig: Nooi Hom in.



Jesus sê: "Kyk mooi na My. Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand dit hoor en die deur oopmaak, sal Ek instap na hom toe. Ons sal saam eet soos baie goeie vriende behoort te doen" (Openbaring 3:20 DB).



Jesus klop aan jou deur. Laat Hom inkom en laat die beter lewe begin. Maak Hom die bestuurder van jou lewe.



Dit sal alles verander.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

The Hope Of Christmas

Vir te veel mense het Kersfees 'n lang taaklysie geword wat hulle uitput en laat wens dat 26 Desember wil aanbreek. Met hierdie reeks boodskappe, wil pastoor Rick jou daaraan herinner hoekom jy Kersfees vier en hoekom di...

More

Hierdie oordenking is deur Rick Warren © 2014. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid