Leesplan inligting

Die Hoop van KersfeesVoorbeeld

The Hope Of Christmas

DAG 1 VAN 10

'n Woord aan die wyses



Lees Matteus 2:2 en Deuteronomium 4:29



Wanneer jy na enige Kerstoneel kyk, is daar altyd 'n paar karakters wat nie in die stal inpas nie: die wyse manne. Ons het so gewoond geraak aan hulle, maar as jy hulle van naderby bekyk, sal jy sien dat dit lyk of hulle nie daar hoort met hulle deftige klere en spesiale geskenke nie.



Vir my is hulle egter die mees fassinerende mense in die Kersverhaal. Ons weet nie veel van hulle nie. Ons weet nie wie hulle was of waar hulle vandaan gekom het nie. Die Bybel noem hulle sterrekenners. Sterrekenners was 'n kombinasie van filosowe, wetenskaplikes en sterrekundiges. Hulle was nogal ryk en geleerd. Dit is egter al wat ons van hulle weet.



Ons weet hulle was slim. Eintlik kan ons baie leer uit die wysheid wat hulle in die Kersverhaal openbaar.



Onder andere leer ons by die wyse manne om die waarheid na te streef. Wyse mense is nie tevrede met bespiegelinge of redenasies nie. Hulle wil graag die waarheid aangaande God, hulle verlede en hulle toekoms weet. Die wyse manne het gevra: "Ons het ’n ster in die ooste gesien. Dit is die bewys dat ’n baie belangrike koning hier in julle land gebore is. Daarom het ons hierheen gekom om aan hom eer te kom bewys" (Matteus 2:2 DB).



Die wyse manne was op soek na Jesus. Wyse manne en vroue soek Hom nog steeds.



'n Mens kry twee soorte mense in die lewe wat waarheid betref: redenaars en soekers. Redenaars bespiegel oor die waarheid. Redenaars dink hulle weet wie en wat God is.



Redenaars hou daarvan om te argumenteer en God te bespreek, maar hulle raai net, want hulle wil nie regtig weet wat die waarheid is nie. Hulle wil net oor Hom praat.



Tog hou God van mense wat tyd inruim om die waarheid te leer ken. Soekers doen vier dinge:



• Hulle vra vrae.

• Hulle bestudeer.

• Hulle hou dop wat om hulle aangaan.

• Hulle sal enigiets doen om antwoorde te kry.



Hulle soek met hulle hele wese na Jesus. God hou van soekers. Die Bybel sê: "En as julle Hom met alles in julle soek, sal julle Hom vind" (Deuteronomium 4:29 DB).



As jy regtig ernstig daaroor is om die waarheid te leer ken, sal jy dit nie mis nie.



God sal jou nie toelaat nie.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Hope Of Christmas

Vir te veel mense het Kersfees 'n lang taaklysie geword wat hulle uitput en laat wens dat 26 Desember wil aanbreek. Met hierdie reeks boodskappe, wil pastoor Rick jou daaraan herinner hoekom jy Kersfees vier en hoekom di...

More

Hierdie oordenking is deur Rick Warren © 2014. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid