Leesplan inligting

Die Hoop van KersfeesVoorbeeld

The Hope Of Christmas

DAG 2 VAN 10

Jesus is die reis werd



Lees Matteus 2:1



Dis nie 'n deeltydse werk om na die waarheid te soek nie. Dit vereis alles wat jy het. Die wyse manne in die Kersverhaal leer dit vir ons.



Die wyse manne was bereid om enigiets te doen om die waarheid te wete te kom. Matteus 2:1 (DB) sê: "’n Paar sterrekenners uit die ooste het kort na Jesus se geboorte in Jerusalem aangekom." Ons veronderstel dat die wyse manne van die Verre Ooste tot by die Midde-Ooste gereis en baie geld spandeer het om Jesus te vind.



Jesus is in Betlehem gebore. Dit is maar net 9.6 km vanaf Jerusalem. Ten tyde van Jesus se geboorte was Jerusalem die godsdienssentrum van die wêreld. Allerhande godsdienstige aktiwiteite het in Jerusalem plaasgevind. Al die groot godsdienstige leiers van die wêreld was in Jerusalem, maar nie een van hulle het na Jesus gesoek nie. Net uitlanders — die wyse manne van 'n heel ander kultuur — het na Jesus gesoek.



Koning Herodes kon nie vir Jesus in die hande kry nie. Die sakemanne van Betlehem ook nie. Jy kan ook vir Jesus naby jou hê en Hom nog steeds mis, omdat jy nie na Hom soek nie.



Die wyse manne het na Jesus gesoek. Hulle was bereid om 'n reis van vier tot vyf maande oor die versengende warm woestyn te onderneem om Jesus te vind. Hulle was ernstig in hulle soektog. Hulle sou enigiets doen om Hom te vind.



Dit is wys. Ons moet dit ook doen. Ons kan nie toelaat dat enigiets ons verhinder om na God te soek nie. Dit is die belangrikste prestasie in die wêreld.



Jesus het gesê dat die koninkryk van die hemele soos 'n waardevolle pêrel is waarvoor ons alles sal verkoop om dit in die hande te kry. Dit lyk of die wyse manne uit die Ooste dit verstaan het, nog lank voor Jesus die gelykenis vertel het.



Die wyse manne was bereid om alles prys te gee wat hulle gehad het, net solank hulle Jesus kon aanbid. Hulle was bereid om die gerief van hulle tuistes op te offer vir 'n lang, moeilike reis, want hulle het die regte motief gehad waarom hulle Jesus gesoek het. Hulle wou Hom aanbid.



Wat sal jy prysgee om Jesus te aanbid?
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Hope Of Christmas

Vir te veel mense het Kersfees 'n lang taaklysie geword wat hulle uitput en laat wens dat 26 Desember wil aanbreek. Met hierdie reeks boodskappe, wil pastoor Rick jou daaraan herinner hoekom jy Kersfees vier en hoekom di...

More

Hierdie oordenking is deur Rick Warren © 2014. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid