Leesplan inligting

Die Hoop van KersfeesVoorbeeld

The Hope Of Christmas

DAG 5 VAN 10

Moenie miskyk waar Jesus aan die werk is nie



Lees Johannes 4:10



Op hierdie oomblik is daar TV- en radiogolwe oral om jou. As jy 'n ontvanger gehad het, kon jy sien wat op al daardie golwe aangaan. Net omdat jy hulle nie kan sien nie, beteken dit nie dat hulle nie daar is nie. Jy is net nie ingeskakel nie.



Dis soos dit daardie eerste kersnag in Betlehem was. Alhoewel Betlehem 'n herberg gehad het, met die doel om reisigers 'n rusplek te gee, was daar daardie nag geen plek vir die mees beduidende reisigers nie.



Moenie toelaat dat jy hierdie Kersfees 'n soortgelyke verhaal in jou eie hart miskyk nie. Jou hart is vir God gemaak om in te bly. Jy is deur God, vir God, geskape. Totdat jy hierdie begrip verstaan, sal die lewe nie vir jou sin maak nie. Ongelukkig vul ons ons lewens met ander goed. Ons nooi ander gaste na ons huis toe. Ons harte is met ander idees, belangstellings, waardes, liefdes en verpligtinge gevul.



Ons lewens is so vol dat ons nie eens agterkom as Jesus opdaag nie. God kan enige tyd in ons lewens opdaag. Te midde van ons probleme gee Hy geleenthede wat ons nie verwag nie of wat ons nie voorsien het nie. Heel dikwels sien ons Hom eenvoudig net nie raak nie.



Dit het ook gereeld in die Bybelse tyd gebeur. Jesus het opgedaag en met mense gepraat sonder dat hulle besef het wie Hy is. In Johannes lees ons dat Jesus by 'n put was toe 'n vrou na Hom toe kom en water soek. Sy het Jesus nie herken nie. Sy het in 'n godsdienstige debat met Hom, die Seun van God, betrokke geraak! Jesus sê toe vir haar: "As jy geweet het wat God vir mense wil gee en besef het wie vir jou water vra, sou jy nie so ’n vraag gevra het nie. Jy sou eerder vir Hom water gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het" (Johannes 4:10 DB). Die vrou het egter nie vir Jesus herken nie.



God werk heeltyd om jou — nie net tydens Kersfees nie — maar ook regdeur die jaar. Is dit moontlik dat jy of die mense vir wie jy lief is, Hom miskyk?
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Hope Of Christmas

Vir te veel mense het Kersfees 'n lang taaklysie geword wat hulle uitput en laat wens dat 26 Desember wil aanbreek. Met hierdie reeks boodskappe, wil pastoor Rick jou daaraan herinner hoekom jy Kersfees vier en hoekom di...

More

Hierdie oordenking is deur Rick Warren © 2014. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid