Leesplan inligting

Die Hoop van KersfeesVoorbeeld

The Hope Of Christmas

DAG 6 VAN 10

Moet Jesus nie hierdie Kersfees ignoreer nie



Lees Lukas 10:41-42



Ek en jy hou daarvan om ons lewens met allerhande dinge vol te prop. Ons is moeg, omdat ons te veel afsprake maak, te veel geld uitgee en ons tyd oorskat. Die gevolg is dat die Woord van God nie in ons lewens seëvier nie.



Dikwels leer God jou iets — dalk in jou Bybelstudie of 'n preek op Sondag — en jy besef jy moet iets daaraan doen, maar dan, weens jou besige lewe, verdwyn die gedagte en jy vergeet daarvan.



Die stukkie waarheid verdwyn nie uit jou lewe as gevolg van die bose nie. Dikwels oorskadu goeie dinge in ons lewe die waarhede wat God in ons wil plant. Om God se doel vir jou lewe te vervul moet jy dalk minder doen in plaas van meer.



Neem Jesus se vriende, Maria en Marta, as 'n voorbeeld. Hulle het Jesus vir ete genooi. Maria het die hele tyd na Jesus gesit en luister. Marta was egter as gasvrou baie besig om alles gereed te maak.



Marta was vies dat sy al die werk moes doen terwyl haar suster na Jesus gesit en luister het. Jesus sê toe vir haar: "My liewe Marta, jy hardloop aanmekaar rond. Jy bekommer jou of alles gereed is. Laat staan dit! Dis mos nie waaroor die lewe gaan nie. Daar is net een ding wat regtig saak maak: om God te ken. Maria weet dit. Daarom het sy die regte keuse gemaak. Niemand sal dit ooit van haar kan wegvat nie” (Lukas 10:41b-42 DB).



Wanneer jou lewe eendag verby is, is daar net een ding wat regtig sal saak maak: Het jy die Seun van God leer ken? Die ekstra kersgeskenke wat jy kon koop omdat jy lang ure gewerk het, sal nie saak maak nie. Al die tyd wat jy aan die perfekte kersete gewy het, sal ook nie saak maak nie. Dit is eerder van belang of jy tyd ingeruim het om Jesus te leer ken. Dit sal vir ewig saak maak.



Geniet hierdie kerstyd. Maak geskenke op. Versier jou huis. Bou herinneringe saam met jou gesin. Moet egter nie hierdie Kersfees laat verbygaan sonder dat jy tyd saam met Jesus deurgebring het nie. As Kersfees en al die mooi herinneringe daarvan verby is, is dit net die tyd wat jy gebruik het om Jesus te aanbid, wat vir ewig sal bly.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Hope Of Christmas

Vir te veel mense het Kersfees 'n lang taaklysie geword wat hulle uitput en laat wens dat 26 Desember wil aanbreek. Met hierdie reeks boodskappe, wil pastoor Rick jou daaraan herinner hoekom jy Kersfees vier en hoekom di...

More

Hierdie oordenking is deur Rick Warren © 2014. Alle regte voorbehou. Gebruik met toestemming.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid