Leesplan inligting

Craig & Amy Groechel se Van Hierdie Dag Af AanVoorbeeld

Craig & Amy Groeschel’s From This Day Forward

DAG 1 VAN 7

Van Hierdie Dag Af Aan



Of jy nou getroud is of nie, het jy al ooit lugkastele gebou oor hoe jou huwelik mag lyk? Watter tipe persoon sal jou wederhelfte wees? Watter soort verhouding sal julle saam hê? Selfs of julle kinders sal hê en waar julle sal bly? Dink nou aan die lewe wat jy vandag het. Wanneer ons werklikhede nie ooreenkom met ons drome nie, wat kan ons daaraan doen?



Huweliksbeloftes sluit gewoonlik frases in soos "ten goede of ten slegte, in rykdom of in armoede, tydens siekte en in gesondheid". Verhoudings bevat al daardie dinge. Dit maak nie saak watter omstandighede, keuses, tekortkominge, of verrassings ons in 'n minder-as-ideale hede geplaas het nie, ons kan nie na die verlede kyk om dit beter te maak nie. Ons kan ons net daartoe verbind om nou 'n beter toekoms te begin — "van hierdie dag af aan."



As dit maklik was om 'n huwelik van jou drome te hê, sou jy dit al klaar gehad het, of hoe? As jy nie die krag het nie, sal jy moet leer om op Christus se krag, wat altyd genoeg is, staat te maak. En selfs al voel jy dat jy geen liefde meer oor het nie, kan jy op sy liefde staat maak. Sy liefde is oneindig.



Kom ons bid saam: Dankie Here, dat elke dag 'n geskenk van U is. Dankie vir die kans op 'n nuwe begin. Help ons om te vergewe en ons van die verlede los te maak. Help ons asseblief om vandag u krag in ons swakheid te sien, en weer môre en elke dag daarna. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Craig & Amy Groeschel’s From This Day Forward

Jy kan `n wonderlike huwelik hê. Die keuses van vandag bepaal watter tipe huwelik jy môre sal hê. Pastoor Craig Groeschel, blitsverkoper skrywer van die New York Times, en sy vrou Amy, wys jou hoe vyf toewydings jou kan ...

More

Baie dankie aan Zondervan, HarperCollins en Life.Church vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.zondervan.com/from-this-day-forward

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid