Leesplan inligting

Craig & Amy Groechel se Van Hierdie Dag Af AanVoorbeeld

Craig & Amy Groeschel’s From This Day Forward

DAG 6 VAN 7

Moet Nooit Moed Opgee Nie



Wanneer die ringe vir mekaar gegee word en die huweliksbeloftes gemaak is, het jy jouself mos verbind "tot die dood ons skei." Wat gebeur egter as die liefde ophou? Wat gebeur as net een van julle besluit om hierdie leesplan te lees? Wat doen jy as die ergste gebeur en die huweliksbeloftes verbreek word deur een van julle wat ontrou is? Watter probleem jy ook al in die gesig staar, selfs as daar genoeg redes vir 'n egskeiding is, beteken dit dat daar ook genoeg redes vir vergifnis is.



Die huwelik demonstreer baie goed wat die gesegde "yster slyp yster" beteken. Dit maak nie saak hoeveel foute jou eggenoot volgens jou opinie het nie, jy het ook foute en moet daaraan aandag gee. Wanneer die trouringe soos boeie begin voel, moet jy 'n besluit neem: jy kan besluit om te vergewe wat vir jou onvergeeflik lyk. Jy kan kies om die genade wat God aan jou geskenk het, ook aan jou eggenoot te skenk. Jy kan kies om jou eie foute te erken. Wanneer jou voertuig sonder brandstof gaan staan, gaan jy dit mos nie verkoop nie. Jy gooi net weer brandstof in! Laat God se liefde deur jou vloei. En moet nooit moed opgee nie.



Kom ons bid saam: Jesus, wanneer dit vir my voel asof ek geen liefde meer het om te gee nie, help my om lief te hê met u liefde. Help my om die beloftes wat ek voor U gemaak het na te kom, al wil ek nie meer nie. Help my om dieselfde genade te betoon wat U aan my betoon het. Versterk U my op die dae wanneer ek wil moed opgee. Ek vertrou dat U groot genoeg is om ons bymekaar te hou. Ek bid dit in u Naam. Amen.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Craig & Amy Groeschel’s From This Day Forward

Jy kan `n wonderlike huwelik hê. Die keuses van vandag bepaal watter tipe huwelik jy môre sal hê. Pastoor Craig Groeschel, blitsverkoper skrywer van die New York Times, en sy vrou Amy, wys jou hoe vyf toewydings jou kan ...

More

Baie dankie aan Zondervan, HarperCollins en Life.Church vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.zondervan.com/from-this-day-forward

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid