Leesplan inligting

Craig & Amy Groechel se Van Hierdie Dag Af AanVoorbeeld

Craig & Amy Groeschel’s From This Day Forward

DAG 2 VAN 7

Soek God



Moderne kultuur sê vir ons, ons moet daardie perfekte persoon, "die een", soek. As ons maar net "die een" kan vind en trou, dan is alles mos daarna pure geluk, reg? Dis 'n redelike onrealistiese verwagting om op iemand te plaas. Dink net: sou jy "die een" wou wees wat daardie verantwoordelikheid moes dra? Hoekom forseer ons dan ons verwagtinge op iemand anders af?



God is die Een wat jou vervolmaak. Hy het jou geskep om Hom lief te hê met jou hele hart en Hom bo alles te plaas. God is die Een. Jou huweliksmaat is jou nommer twee. En wanneer die twee van julle julleself daaraan wy om God saam te soek, kan julle — saam — 'n huwelik op 'n sterk fondament bou, wat die toets van die tyd sal weerstaan.



Wat is daardie ding wat jy God kan vra om in jou te doen wat jou 'n beter eggenoot vir jou gade sal maak? Word die persoon waarmee jy getroud wil wees. Julle twee moet die Een soek. Verbind julle daartoe om daagliks saam te bid, selfs al is dit deur 'n sms, oor die foon, of in stilte.



Kom ons bid saam: Vader, help ons om U eerste in ons huis te plaas en U saam te soek. Help ons om 'n sterk fondament te vestig, deur ons verhouding op U te bou. Help ons om tot 'n gereelde tyd te verbind wat ons elke dag saam sal bid. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Craig & Amy Groeschel’s From This Day Forward

Jy kan `n wonderlike huwelik hê. Die keuses van vandag bepaal watter tipe huwelik jy môre sal hê. Pastoor Craig Groeschel, blitsverkoper skrywer van die New York Times, en sy vrou Amy, wys jou hoe vyf toewydings jou kan ...

More

Baie dankie aan Zondervan, HarperCollins en Life.Church vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.zondervan.com/from-this-day-forward

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid