Leesplan inligting

Craig & Amy Groechel se Van Hierdie Dag Af AanVoorbeeld

Craig & Amy Groeschel’s From This Day Forward

DAG 4 VAN 7

Prettyd



Om verloof te wees kan baie pret wees. Dis propvol afwagting en opwinding, maar tog is dit so kort tydjie in vergelyking met die leeftyd van saamwees daarna. Hoe kan julle daardie pret en plesier van die hofmakery, die verlowing en die wittebrood, jaar na jaar deel van die huwelik maak? Hoe kan jy jou huwelik geniet ten spyte van finansiële druk, probleme met die kinders, of net die normale gang van die lewe? Is dit nodig om die "gejag" na jou eggenoot voort te sit selfs nadat julle mekaar reeds "gevang" het?



Ja! Maak pret 'n prioriteit. Dit mag dalk na 'n onbekostigbare luuksheid klink, maar in werklikheid is dit 'n noodsaaklike deel van 'n suksesvolle huwelik. Pret is 'n voorvereiste. Jy kan kies om jou gate uit te geniet saam met jou huweliksmaat.



Wat daarvan as iemand anders se huwelik lekkerder lyk as joune? Wat daarvan as die meisie by die bank vir jou grappies lag? Wat daarvan as die man op kantoor se naweekplanne altyd beter klink as joune? As die gras groener lyk êrens anders — maak jou grasperk nat! Wees met opset intiem deur tyd saam deur te bring. Werk saam daaraan om weer beste vriende te wees: lag saam, troetel mekaar, soek bemoediging en vreugde by mekaar. Dit mag dalk nie spontaan wees om te beplan om pret en plesier te hê nie, maar dis dalk waar julle moet begin. En so 'n tipe verhouding is tog wat jy graag wil hê, nie waar nie?



Kom ons bid saam: Vader, ons het berou oor al die dinge wat ons toegelaat het om ons huwelikstyd te steel. Help ons, as 'n paartjie, om tyd te maak vir mekaar. Gee ons wysheid en kreatiwiteit om uit te vind wat ons as 'n paartjie kan doen om mekaar te geniet. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Craig & Amy Groeschel’s From This Day Forward

Jy kan `n wonderlike huwelik hê. Die keuses van vandag bepaal watter tipe huwelik jy môre sal hê. Pastoor Craig Groeschel, blitsverkoper skrywer van die New York Times, en sy vrou Amy, wys jou hoe vyf toewydings jou kan ...

More

Baie dankie aan Zondervan, HarperCollins en Life.Church vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.zondervan.com/from-this-day-forward

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid