Leesplan inligting

Craig & Amy Groechel se Van Hierdie Dag Af AanVoorbeeld

Craig & Amy Groeschel’s From This Day Forward

DAG 3 VAN 7

Stry Regverdig



Alle paartjies stry. Maar hoe jy stry, sal die verskil maak tussen 'n klein onenigheid en groot skade. Paartjies in gesonde verhoudings wil graag 'n oplossing kry en nie 'n oorwinning van een party nie. Konflik alleen maak nie verhoudings dood nie. Hier is wel vier waarskuwingstekens wat aandui dat jy konflik nie op 'n konstruktiewe manier hanteer nie:



1. Kritiek


Gebruik jy 'n onenigheid of konflik as 'n geleentheid om jou eggenoot te kritiseer? Of is jy skuldig daaraan dat jy hul voor ander mense kritiseer? Kritiek is 'n waarskuwingsteken dat julle teen mekaar stry in stede daarvan dat julle vir die behoud van die verhouding veg.



2. Minagting


Minagting is een van die mees akkurate aanwysings dat 'n huwelik besig is om die spoor byster te raak. Selfs al word woorde nie gebruik nie, is 'n vieslike blik, 'n verergde rol van die oë, of 'n bitsige opmerking, 'n groot rooi vlag.


 


3. 'n Verdedigende Houding


Nou dadelik — terwyl jy nie in die middel van 'n bakleiery is nie — moet jy erken dat verdedigende houding nie noodwendig iets is wat jy in jouself sal raaksien as jy omgekrap is nie. Jy sal moet kies om te luister as dit aan jou uitgewys word.



4. Weiering


As jou eggenoot nie God saam met jou wil soek nie, moenie dat dit jou stop nie. Jou gade is nie jou vyand nie. Ons het slegs een vyand. En hy is 'n dief en leuenaar wat nooit regverdig baklei nie. Moenie teen mekaar baklei nie. Staan saam en veg teen geestelike kwessies soos trots en 'n verharde hart wat jou verhouding kan saboteer.



Kom ons bid saam: Jesus, help ons om nie toe te laat dat konflik 'n wig in ons huwelik indryf nie. Help elkeen van ons om van trots ontslae te raak en ons eie tekortkominge aan te spreek. Help ons om op so 'n manier te stry dat dit tot herstel en oplossing sal lei. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Craig & Amy Groeschel’s From This Day Forward

Jy kan `n wonderlike huwelik hê. Die keuses van vandag bepaal watter tipe huwelik jy môre sal hê. Pastoor Craig Groeschel, blitsverkoper skrywer van die New York Times, en sy vrou Amy, wys jou hoe vyf toewydings jou kan ...

More

Baie dankie aan Zondervan, HarperCollins en Life.Church vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.zondervan.com/from-this-day-forward

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid