Leesplan inligting

Craig & Amy Groechel se Van Hierdie Dag Af AanVoorbeeld

Craig & Amy Groeschel’s From This Day Forward

DAG 5 VAN 7

Bly Rein



Paartjies beplan maande vooruit vir hul huweliksdag, maar laat na om huweliksbeplanning 'n prioriteit te maak. Ons mag dalk 'n voorhuwelikse praatjie bywoon of met die leraar gesels wat ons huwelik gaan bevestig, maar so dikwels speel ons nie oop kaarte oor al die dinge wat ons verhouding kan skaad nie. Ons is dalk nie eers ten volle daarvan bewus dat ons gedagtes en optredes ons eenheid bedreig nie.



Die huweliksbed is God se standaard vir seksuele intimiteit. Daarom is dit ook die plek wat die meeste skade lei as gevolg van seksuele hindernisse. Of dit nou ons losbandige verlede, seksueel-belaaide musiek, hygromans, oorblywende wonde van mishandeling, of blootstelling aan pornografie is — enige vorm van seksuele stimulasie buite die konteks van die huwelik is 'n ernstige bedreiging. Dit maak nie saak of jy jouself oortuig dat dit skadeloos is nie, maar as jy dit geheim hou, maak jy die deur oop vir egbreuk en die deur toe vir intimiteit.



Is julle gewillig om saam 'n muur te bou om gevare uit jul huwelik te hou? Is julle bereid om julle vryheid in te perk en sterk te staan teen versoeking? Is julle gewillig om oop kaarte te speel wat julle skedule, jul gesprekke, en julle aanlyn aktiwiteite aanbetref? Doen dit wanneer julle sterk staan, dan sal julle beskerming geniet wanneer julle swak is. Vra God om jou swakhede aan jou uit te wys — en werk dan daaraan.



Gaan jy verkeerd optree? Gaan mislukkings plaasvind? Beslis. Hanteer kwessies soos dit voorkom. Vra God om vergifnis. Vra jou maat om jou te vergewe. Maar hou aan veg om rein te bly. Reinheid maak saak.



Kom ons bid saam: Jesus, U het die hoogste prys betaal om ons skoon en nuut te maak. Net U kan ons rein maak voor u aangesig. Help ons om die moed te hê om rein te bly. Gee ons die krag om te vergewe en om ons harte teen sonde te beskerm. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Craig & Amy Groeschel’s From This Day Forward

Jy kan `n wonderlike huwelik hê. Die keuses van vandag bepaal watter tipe huwelik jy môre sal hê. Pastoor Craig Groeschel, blitsverkoper skrywer van die New York Times, en sy vrou Amy, wys jou hoe vyf toewydings jou kan ...

More

Baie dankie aan Zondervan, HarperCollins en Life.Church vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.zondervan.com/from-this-day-forward

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid